Frankryk-aanval: Meer oor verdagte bekend; veiligheidsvlak verhoog

Foto: REUTERS/Eric Gaillard/Pool

Die 21-jarige Brahim Aouissaoui, wat glo ʼn vrou onthoof en nog twee mense vermoor het tydens ʼn vermoedelike terreuraanval by ʼn kerk in die Franse stad Nice, is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal.

Die Tunisiese migrant het verlede maand in Europa aangekom in die Italiaanse eiland Lampedusa, waar vlugtelinge uit Noord-Afrika voet aan wal sit.

Jean-Francois Ricard, teenterrorisme-vervolger in Frankryk, het gesê die verdagte het Donderdagoggend per trein in Nice aangekom voor hy na die kerk is waar hy die 55-jarige koster vermoor en ʼn 60-jarige vrou onthoof het.

Hy het ook ʼn 44-jarige vrou verskeie kere met ʼn mes gesteek. Sy kon vlug en het alarm gemaak by ʼn nabygeleë kafee voor sy aan haar wonde beswyk het. Die polisie het met hul aankoms op die toneel die aanvaller geskiet en gewond.

“Ons het ʼn Koran, twee selfone en ʼn mes van 30 cm lank in die verdagte se besit gevind. Daar was ook ʼn sak met nog twee messe in wat nie in die aanval gebruik is nie.”

Pres. Emmanuel Macron. Foto: REUTERS/Eric Gaillard/Pool

Pres. Emmanuel Macron het gesê Frankryk sal nog duisende soldate ontplooi om plekke soos kerke en skole te beskerm.

Macron het buite die kerk met verslaggewers gepraat en gesê Frankryk is aangeval “oor ons waardes, ons gevoel vir vryheid, vir die vermoë om vryheid van geloof te hê”.

Frankryk se eerste minister, Jean Castex, het die land op die hoogste veiligheidgereedheidsvlak geplaas ná die aanval. In Parys het wetgewers in die Nasionale Vergadering ʼn minuut van stilte gehou.

Pres. Donald Trump het sy meegevoel met die mense van Frankryk betuig. “Amerika staan saam met ons oudste bondgenoot in hierdie stryd. Hierdie radikale Islamitiese terreuraanvalle moet onmiddellik stopgesit word. Geen land, Frankryk of andersins, kan dit langer verdra nie.”

Brittanje, Nederland, Italië, Spanje, Saoedi-Arabië en Turkye het die aanval ook ten sterkste veroordeel.

Foto: REUTERS/Eric Gaillard

Die aanval volg minder as twee weke nadat ʼn Franse onderwyser deur ʼn 18-jarige man onthoof is in ʼn aanval in ʼn voorstad van Parys.

Donderdag se aanval volg te midde van toenemende woede van die Moslem-gemeenskap oor Frankryk se verdediging van die reg om die spotprente oor die profeet Mohammed te publiseer. Talle optogte is in verskeie lande met ʼn Moslemmeerderheid hieroor gehou.

Frankryk, met die grootste Moslemgemeenskap in Europa, het die afgelope paar jaar deurgeloop onder Islamitiese militante aanvalle, waaronder bomaanvalle en ʼn skietery in 2015 in Parys waarin 130 mense dood is en ʼn aanval in 2016 in Nice waartydens ʼn vragmotor in ʼn skare ingeploeg het en 86 mense dood is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rose ·

Nogal n vlugteling, waarvoor het hy gevlug? Sluit julle grense, en beskerm julle heritage. Hulle hoofdoel is om Europa na Moslem te draai, en dan n 100 jaar later te beweer hulle was voor die Europeers daar. Christene gaan toenemend vervolg word.

Stefaan ·

Hulle het ‘n groot probleem. Daar is meer moslems in Frankryk as wat daar blankes in Suid Afrika is.
Dit kan nie meer gekeer word nie.

Grassie ·

As Frankryk werklik godsdiensvryheid predik behoort hulle nie die bespotting van enige geloof toe te laat nie. As iemand ‘n bespotting van Christus maak gaan dit my ernstig ontstel. Omdat ek ‘n Christen is sal ek nie iemand se kop gaan afsny nie maar dit sal gewis woede by my opwek. Die Franse weet mos daardie mense is radikaal en daar sal gevolge wees.

Rose ·

So Frankryk mag nie vryheid van spraak in hulle eie land he nie? Die radikales vlug van hul eie land af en kom saai vrees op n ander se bodem.

ES ·

Frankyk moet ophou om vlugtelinge toe te laat.

En as daar vryheid van spraak in hul land is, en jou geloof word aangetas, gaan elders anders! Nederland laat glad nie vlugetlinge toe nie, mens sukkel jou dood om net ‘n studie visum te kry.

Daardie mense moet opstaan teen die radikale leiers in hul eie land, en ophou om te vlug na beter heenkome, net om daar te gaan verwoesting saai omdat hulle nie hou van wat hulle hoor nie. Daardie land neem hulle in, sonder vrae, en dan is hulle nogsteeds nie gelukkig nie. Stuur hulle terug na waar hulle vandaan kom!

Yvonne ·

Frankryk is in sy maai! Ons aanskou nou die stadige, pynigende verandering na ‘n Moslem meerderheid.

Hennie J ·

Die liberale sienswyse ten opsite van vreemdelinge wat deur die Franse gehandhaaf word het nou in n monster verander. Meng jou met die semels………………….

daniel ·

Europa sal mettertyd besef dat die Libralisme maar uiteindelik maar net n nagmerrie is. Dat diegene wat Europa binnekom Libralisme verag en toelating wil verkry on die moslem odeologie in europa wil versterk.

Diklizzy ·

Baie eenvoudige oplossing: Weier toegang aan enige sogenaamde vlugteling, verwyder die wat reeds daar is en skielik aandring op regte en sit enige een wat onwettig daar aankom terug op sy vlot na sy eie land. Daar is mos darem meer as genoeg Moslem lande waarheen hulle kan vlug. O ja, maar ek vergeet: hulle eie mense vertrap en verniel hulle so, dat hulle nie daar wil bly nie. Nou wil hulle, hulle lewens wyse op ons kom afdwing. Pres Macron, sit hulle uit!! Wees ‘n voorbeeld vir ander lande!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.