Gelykheidshof moet sê oor doodsdreigemente ná Brackenfell-debakel

Inwoners van Brackenfell in Kaapstad en betogers van die EFF het destyds slaags geraak buite die Hoërskool Brackenfell. (Foto: ANA)

Danté van Wyk, die man wat destyds by die Brackenfell-skooldebakel betrokke was, se saak teen Julius Malema, leier van die EFF, word Maandag in die gelykheidshof aangehoor.

Die saak hou verband met duisende doodsdreigemente wat Van Wyk glo van EFF-lede ontvang het ná die voorval in November 2020 by Hoërskool Brackenfell. Die dreigemente is glo deur Malema aangevuur. Hy word van aanhitsing tot geweld en haatspraak aangekla.

“Indien die hof in ons guns beslis, sal die saak na die Nasionale Vervolgingsgesag vir strafregtelike vervolging verwys word. Ons vra ook die hof om Malema te gelas om sy uitsprake terug te trek en R1 miljoen aan ons kliënt te betaal,” het Millie Westley, Van Wyk se prokureur, Maandag aan Maroela Media gesê.

Volgens Westley is die saak tot 7 Maart vir verhoor op die hofrol geplaas.

Tydens voorval destyds by die skool het ouers en die EFF met mekaar slaags geraak nadat dié party die skool valslik van rassisme beskuldig het oor ’n matriekafskeidfunksie wat kwansuis swart leerders uitgesluit het. Van Wyk was deel van ʼn groep mense wat die skool teen EFF-betogers probeer beskerm het.

Danté van Wyk het glo onder duisende doodsdreigemente deurgeloop. (Foto: Verskaf)

Hy is later daarvan beskuldig dat hy EFF-lede voor die skool aangerand het, maar is in Januarie verlede jaar onskuldig op dié aanklag bevind.

Die debakel het ʼn groot uitwerking op Van Wyk se lewe gehad; hy en sy gesin het glo meer as 4 000 doodsdreigemente van vermeende EFF-lede ontvang, onder meer op Facebook en X (voorheen Twitter). Dit was in ʼn stadium so erg dat Van Wyk vir ʼn tyd lank in ʼn ander provinsie gaan woon het.

Die dreigemente het gevolg ná Malema se opmerkings aan sy ondersteuners om “nie bang te wees om dood te maak” as dit kom by interaksie met “rassistiese wit mense” nie.

Tydens ʼn toespraak op 16 Oktober 2022 by die EFF se derde verkiesingskonferensie, het Malema aan ondersteuners gevra wat hulle “gedoen het om [die saak] op te volg nadat julle deur ʼn wit man, soos dit op kamera vasgelê is, geslaan is?”

“Hoekom het julle dit nie as ʼn revolusionêre organisasie met daardie ou opgevolg nie; hom alleen na ʼn geïsoleerde ruimte geneem en behoorlik na die ou omgesien nie?” het Malema verder in sy toespraak gesê.

Hy het Van Wyk nie by name genoem nie, maar volgens Westley is dit duidelik dat die opmerking op haar kliënt gemik was. Die Menseregtekommissie het tot dieselfde gevolgtrekking as Van Wyk gekom en Malema is gevolglik gelykheidshof te gesleep.

Die EFF‑leiers staan die aansoek teen en het vroeër aangevoer dat sy uitsprake niks anders as vryheid van spraak was nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Helien ·

Wat gaan aan in die land van ons En hy Malema will die land regeer. Wat soek hulle in die Parliament. Hy moes al lankal in die tronk gewees het. Hy mag se en doen net wat hy wil. Kan nie verstaan hoekom julle die Mnr Malema vas vat nie.

Anel ·

Hy maak al hierdie uitlatings en kom niks oor nie, al vir jare. Wat van die 4 van Grobelersdal? Daar is mos ‘n massiewe verskil! So hoekom in Malema nog nie in die tronk nie????????

Pieter ·

Hoekom het ons blankes nie vryheid van sprrak in SA nie?
As ons iets se is ons rassiste, en word opgesluit, maar andersom kan dit nooit wees nie.
Ons is besig om as n volk onderdruk te word in ons eie land, en dit gaan een of ander tyd,
ontaard in n lelike ding

Fran ·

O tog en moenie dink julle kan enigiets negatief sê teenoor die eff op hierdie platvorm nie!
Hulle maak jou vinnig stil!

Oosieoos ·

Die regering is of bang vir hom of gebruik hom om hul vuil werk te doen

Hannelie ·

Malema en die ANC is kop-in-een-mus. Dis hoekom niks aan hom gedoen word nie. Hy gaan eendag (dalk nie hierdie verkiesing nie, maar beslis met die volgende een) president wees van SA-die-gangster-paradise-ashoop.

Christine ·

Hierdie ou met sy klein mannetjie sindroom se stertvere moet gepluk word

Papsak ·

Ja ek stem Malemma mag se wat hy wil vir ons en niks oor nie hoekom mag hulle se wat hulle wil kom niks oor nie maar se ons ons se word ons toe gesluit onregverdig regtig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.