Man onskuldig ná onderonsie met EFF

Inwoners van Brackenfell het destyds met betogers van die EFF koppe gestamp. (Foto: ANA)

ʼn Man wat daarvan beskuldig is dat hy in November 2020 EFF-lede voor Hoërskool Brackenfell in die Wes-Kaap aangerand het, is onskuldig bevind.

Danté van Wyk het op 18 Januarie weer in die Kuilsrivier-landdroshof in Kaapstad verskyn om sy lot te hoor.

Volgens sy prokureur, Millie Westley, het Van Wyk se vertoë geslaag en hy is onskuldig bevind op aanklagte van aanranding.

“Die staat kon nie bo redelike twyfel bewys dat dit Danté was wat die klaer aangerand het nie,” sê sy.

Die skade is egter reeds gedoen. Van Wyk leef sedert die voorval in vrees nadat hy onder duisende doodsdreigemente deurgeloop het.

“Danté het meer as 4 000 doodsdreigement van EFF-lede ontvang. Die dreigemente was boonop nie net op hom gemik nie, maar ook op sy lewensmaat en toe nog sy ongebore kind ook,” sê Westley.

“Die aanslag op sy lewe was van so ʼn aard dat hy vir ʼn tydperk lank moes wegkruip.”

Ouers en lede van die EFF het destyds met mekaar slaags geraak nadat die EFF die skool van rassisme beskuldig het oor ʼn matriekafskeidsfunksie wat kwansuis swart leerders uitgesluit het. Die Menseregtekommissie het intussen bevind dat die skool niks verkeerds gedoen het nie.

Van Wyk was deel van die groep wat die skool teen die betogers probeer verdedig het.

“Hy het kennis geneem van die beplande betoging op sosiale media en het na die skool gegaan om seker te maak familielede wat daar skoolgaan, is veilig,” sê Westley.

Danté van Wyk het onder duisende doodsdreigemente deurgeloop. (Foto: Verskaf)

Van Wyk het intussen ʼn aansoek in die gelykheidshof teen die EFF en sy leier, Julius Malema, ingedien oor die uitlatings wat Malema in Oktober verlede jaar gemaak het.

Malema het tydens ʼn EFF-saamtrek in die Wes-Kaap onder meer gevra hoekom daar niks aan die persoon gedoen is wat hulle [die EFF] “geslaan” het nie.

“Hoekom het julle nie as ʼn revolusionêre organisasie dit met daardie ou opgevolg nie; hom alleen na ʼn afgesonderde plek geneem en behoorlik na die ou omgesien nie?” het hy gesê.

“Jy moet nooit bang wees om dood te maak nie. ʼn Revolusie vereis dat daar op ʼn stadium moord gepleeg moet word omdat moord deel is van ʼn revolusionêre daad,” het hy bygevoeg.

Van Wyk het aan Maroela Media vertel dat “die aanslag van die EFF [op daardie dag] meer gewelddadig en vandalisties was as wat ooit deur die media uitgebeeld is”.

“Die gevoel wat ek gekry het, is dat die EFF die skool sou aanval en kinders beseer as hulle die kans gekry het,” sê hy.

Hy beweer dat die EFF-lede wat teenwoordig was, opgesweep was met die mentaliteit om te moor, “daarom het hulle ‘kill the boer, kill the farmer’ gesing.”

Vir sy veiligheid en dié van sy gesin wou Westley haar in hierdie stadium nie uitlaat oor waar Van Wyk hom tans bevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoeveel van die doodsdreigemente deur die narre in rooi is van aangesig tot aangesig gemaak of was dit foon boodskappe en watsupp gewees?

Elméne ·

Ons kan VERSEKER wees dat dit NIE van aangesig tot aangesig was nie – daarvoor is die klomp te PAPBROEKIG!!! Maak mens SIEK-slegter as sleg!!!

Tokkel ·

EFF is gou om te dreig en te venietig, maar kan niks waardevol tot ons land bied nie. Mense is keelvol vir die rooi narre.

Johanna ·

Onthou die land SE regerings amptenare is beskermde wild. Mag maak en breuk Soos hul wil. Maar hul dag Gaan Kom gee net kans

Henry ·

Die EFF moet volgende keer Malema saam bring as hulle Brackenfell toe kom. Lanklaas n mal rooi nar gesien

Sobymykoolkop ·

Hy is bietjie slimmer as sy nie slim volgelinge. Hy sal BESLIS nie in die voorste linie wees, hopeloos te veel van ń lafaard.

KB ·

Miskien moet die regslui weer mooi gaan kyk na die woord “Terrorisme”, en dan gaan dink waarmee die EFF besig is!
Terrorism is defined as: “The unlawful use of violence and intimidation especially against civilians, in the pursuit of political aims”.
Mense, die EFF is niks anders as ʼn terroristiese organisasie nie.

Mariana ·

Dante moet maar steeds oor sy skouer kyk, veral noudat hy gewen het. Daai EFF spul is agterbaks nes hul sogenaamde leier wat net opstook en dan in weelde gaan agteroor sit. Nikswerd.

Herman L ·

Is doodsdreigemente nie ‘n strafbare oortreding nie? Die EFF behoort minstens R1 miljoen aan van Wyk te betaal vir emosionele skade en strafregtelik vervolg te word.

Sonblom ·

Ek is so bly vir Danté! Ek wil net graag iets weet oor ou Julius. Hy sê dat sy mense moet nie bang wees om dood te maak nie. Sal hy? Ek dink nie so nie. Hy blaas geweld aan maar sal nie self nie. Net groot mond.

Jacobus ·

Ek hoop nou hy word bygestaan met n seviele eis van miljoene rande teen die EFF.

Jackie ·

Wanneer ‘n mens teen die EFF optree omdat hulle onwettig valse beskuldigings maak, het jy klaar verloor, want hulle is n revolusionêre beweging wat die teenstander se reg ontken. Wette geld net vir die wetsgehoorsame, nie vir terroriste nie. Dis n wêreldwye verskynsel.

Danie ·

Daardie jong man moet n medalje kry.Jy staan nooit terug nie.

blia ·

Well done Dante. Jy is baie gelukkig, want onthou… hulle mag die lied sing “kill the boer, kill the farmer” … en ek het ook nou op my rype ouderdom geleer dat swart mense nooit rassiste kan wees nie. So eintlik het jy ‘n wonderwerk reggekry.

Trinity ·

Tipies: “HULLE moet hom ALLEEN na ‘n plek neem…”
Te ruggraatloos om iemand alleen “aan te vat…”

Jacques Dawie ·

SAPS, NVG, MRK, waar is julle? Daar is bewyse van doods drygemente, bewyse van aanhutsing tot moord? WAAR IS JULLE?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.