Misdaad begin stadig toeneem – Gauteng

Argieffoto (Foto: Holger Kraft/Pixabay)

Misdaad neem stadig maar seker weer toe in Gauteng sedert die instel van vlak 4 van die afsonderingstydperk. Dit volg ná misdaad tydens vlak 5 van die landwye afsondering ’n beduidende afname getoon het.

Philip Uys, die bestuurder van plaaslike gemeenskapsontwikkeling van die veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT, sê misdaad begin veral nou sedert die instel van vlak 3 van afsondering weer toeneem. Dit is omdat talle ekonomiese bedrywighede weer hervat het, en die misdadigers die geleentheid kry om meer kanse te waag.

Uys sê hulle verwag dat misdaadvlakke die komende maand nog verder gaan styg.

Die meerderheid gevalle wat tot dusver aangemeld is, is sakerooftogte, met nog min gevalle van huis- en straatrooftogte. Uys sê hulle verwag dat huisrooftogte geleidelik gaan begin toeneem.

Uys sê die afgelope vier weke was daar relatief ’n groot aantal huisinbrake in dorpe, buite die groot metropolitaanse gebiede. “Dit beteken nie noodwendig dat misdaadaktiwiteite daar buite beheer is nie, maar eerder dat misdaadvlakke hoër was in die dorpe waar die beperking van beweging dalk nie so streng nagekom is nie en meer ooreenstem met die normale beweging van inwoners,” sê Uys.

Daar is amper geen gevalle van motordiefstal aangemeld nie, wat meestal ’n georganiseerde misdaad is.

Uys sê die meeste gevalle van misdaad sover was opportunistiese misdade, onder meer veral diefstal van elektroniese toestelle soos selfone van drawwers, wandelaars en fietsryers, asook skootrekenaars en iPads deur oop vensters en/of oop deure.

“Dit is duidelik dat misdadigers hulle al hoe minder steur aan die landwye afsondering,” sê Uys.

Uys sê hoewel misdaad nou weer begin styg, is die misdaadgetal wat vir Mei vanjaar aangemeld is aansienlik minder as die misdaadgetal vir Mei verlede jaar. In Mei verlede jaar is ongeveer 1 000 sake van huisrooftogte in die provinsie aangemeld teenoor die 200 sake vanjaar vir dieselfde maand.

Huishoudelike geweld het wel aansienlik toegeneem tydens die afsonderingstydperk. Uys sê dit kan ook moontlik verder toeneem noudat die verkoop van alkohol weer toegelaat word.

“Ons doen ’n beroep op gemeenskappe om bewus hiervan te wees, asook bedag te wees op moontlike gevalle van huishoudelike geweld. Indien jy enige gille of aanduidings van huishoudelike geweld hoor, meld dit dadelik by jou plaaslike polisiekantoor aan,” sê Uys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Frikkels ·

Ja ja, die misdadigers steur hulle nie aan die inperkings regulasies nie. Dit is net wanneer hulle in die tronk sit wat hulle menseregte asseblieftog in ag geneem moet word sodat hulle vrygelaat kan word voordat hulle een of ander virus in die tronk opdoen!???

Leon ·

Nommer een, mense is terug by die werk en die huise is leeg bedags.
Twee, huishulpe is terug by die werk en die rowers kan hulle maklik intimideer.
Drie, buurtwagte en GPFs mag nie weer opereer nie, so daar is geen oë op die grond wat kan uitkyk vir die misdaad.

Anoniem ·

Meld dit by die plaaslike polisiekantoor aan? Regtig? En wat dink jy gaan hulle daaromtrent doen, (indien hulle hul foon sou antwoord).

Jaco ·

Presies. Hul het beter dinge om te doen as om ons eerbiedige burgers te help, soos om te kyk wie rook.

Michael 1 ·

Dit sal toeneem sa het by verre meer skelms as goeie mense en n afwesigheid van n regte doeltreffende polisie departement help dit nog aan.

MAGRIETHA ·

Waar is die minister van polisie nou hy moet dit begin aanvat en publiek beskerm

RB ·

Ek vind dit wel interessant dat die misdaadsyfer laer was in vlak 5 – strate was bàie stil en geen beweging saans/snags. Dit herinner my aan jare gelede toe daar ook ‘n aandklokreel was waar jy in jou eie woonbuurt moes bly nà 18:00 – tensy jy skriftelik toestemming gehad het om elders te slaap maar dan het jy daardie perseel nie na 18:00 verlaat nie.

Let wel: toe was woonbuurte baie veilig, misdaad was baie laag.

Om dit ten volle te begryp, sal jy reeds ‘n sekere ouderdom moes bereik. :-)
Die kern van die probleem is voor die hand liggend.

Sarel ·

Buurtwagte mag nie uithelp niie. So beleid is steeds beskerm die misdadiger

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.