Odette Barkhuizen se moordenaar lewenslank gevonnis

Odette Barkhuizen. Foto: Facebook

George Barkhuizen is Vrydag lewenslange tronkstraf in die Johannesburgse hooggeregshof opgelê vir die moord op sy vrou, Odette, in 2015.

Barkhuizen is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die voorafbeplande moord op Odette (43). Hy is verder 15 jaar tronkstraf vir bedrog, ses jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ammunisie opgelê.

Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Diane Bartlett, ʼn vriendin van Odette, het die vonnis aan Maroela Media bevestig.

Odette is in Junie 2015 in die oprit na haar kantoor in Glenvista in Johannesburg doodgeskiet. Sy was die eienaar van ’n motorruitherstelonderneming.

Barkhuizen is maande ná die moord in hegtenis geneem nadat talle bewyse aan die lig gekom het dat hy agter sy vrou se moord sit. Verskeie aspekte het op Barkhuizen se betrokkenheid by Odette se moord gedui, onder meer dat hy glo versekering van miljoene rande op haar lewe uitgeneem het slegs enkele weke voor haar dood.

George Barkhuizen word destyds in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Barkhuizen het destyds beweer dat hy nie naby die misdaadtoneel ten tyde van sy vrou se moord was nie, maar selfoonrekords het later bewys dat hy wel op die toneel was.

Maroela Media het vroeër berig Odette se familie het dadelik ná die moord vermoed dat haar man daarvoor verantwoordelik is.

“Ons het dit heeltyd vermoed. Hulle twee seuns, Warwick [tóé 23 jaar oud] en Wade [tóé 17 jaar oud] het vir ons dadelik ná hulle ma se dood gesê hulle vermoed hulle pa is betrokke. Daar was soveel bewyse wat op sy betrokkenheid gedui het. Dit was nie ʼn skok toe hy in hegtenis geneem is nie,” het Pamela Immelman, Odette se ma, destyds gesê.

Immelman wou nie kommentaar lewer op die vonnis nie.

Barkhuizen was 45 jaar oud toe hy die moord gepleeg het.

Lees alle berigte oor Odette Barkhuizen op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ekke ·

Nou hoe is dit dat Coert Kruger van Vanderijlpark ook skuldig aan moord op sy seun gevind is (skuldig gepleit) en met ‘n waarskuwing uit die hof gestap? Word regters, aanklaers ens wel omgekoop?

Ralph ·

Ekke, het Coert Kruger ook ‘n vervalste polis van R8 milj. Op sy seun se lewe bewerkstelling en toe beplan om dit op te eis.?

jaco ·

onthou dis n wit man wat n ander wit man vermoor het. so dis “een wit mens minder”. dis tog maar wat ons regstelsel eintlik daaroor dink.

Elna ·

Die arm van die gereg is lank en so seevier die waarheid altyd. Sterkte aan Odette se familie en kinders mag julle berusting vind.

Abe ·

jaco,
Daar is geen regverdiging vir wat jy se nie. Die geval waarna jy verwys (Coert Kruger) sowel as die een onder bespreking (Barkhuizen) het niks met ras te doen nie. Jy is bloot ras-behep en ras-ongedurig.

Lynette ·

Elna….in watter La La-land wêreld woon JY waar die waarheid AĹTYD seëvier??

Johan ·

Moet Maroela nie dalk in sy berigte ophou met die valse prentjie wat ‘n vonnis van “lewenslank” of 25 jaar en dan “verder 15 jaar” nie.
Dit bring die leser onder die indruk van ‘swaar straf. Die berig sê welliswaar verder aan dat die vonnisse gelyklopend uitgedien sal word – maw die persoon gaan eintlik maar vir so ongeveer 13 jaar tronk toe vir moord met verswaremde omstandighede
Begin asseblief eerder skryf van die effektiewe tyd agter tralies want dan weet ons mos die “groot” vonnis is ‘n klug.

Elaine ·

25 jaar is nie lewenslank nie. Lewenslank is lewenslank as dit nie aan ‘n jaar getal gekoppel word nie. Hulle bly daar totdat hulle einde kom.

Abe ·

Elaine,
Jy is verkeerd. Ons strafreg se, lewenslank (in die regter se woorde) beteken 25 jaar maksimum (efektiewelik) Die “maksimum” beteken dat enige sg. “afslag” nog afgetrek kan word.

Arno Scheepers ·

Elaine maak net seker van jou feite asb. Vind uit presies wat beteken lewenslank en hoe lank hy dan sit.

Elaine ·

Arno miskien moet jy gaan google en sien wat lewenslank beteken.

Melanie ·

25 jaar is 25 jaar. Die hofuitspraak moet eerder wees “25 jaar” dan verstaan mense dit beter. Wanneer die hof uitspraak “lewenslank” is, dink mense die beskuldigde behoort tot sy dood toegesluit te word.

Abe ·

Melanie + Elaine,
Mense wat dink dat lewenslank beteken die beskuldigde word toegesluit tot hy doodgaan, dink verkeerd. Daar is geen vonnis in ons howe wat verseker n persoon word nooit in sy leeftyd vrygelaat nie. Lewenslank betèken gewoonlik n maksimum van 25 jaar. Mits sy gedrag ens. gangbaar is in die tronk word daar lank voor die 25jaar besluit om hom te oorweeg vir parool. Die paroolraad besluit dan na goeddunke oor sy toekoms. 1. Hy kan sumier vrygelaat word. 2. Hy kan op parool (voorwaardelik) vrygelaat word of 3. Daar kan besluit word dat daar ernstige beletsels bestaan waarom hy nie vrygelaat kan word nie of nie nou al vrygelaat kan word nie.

Pieter ·

Waarom word vonnisse gelyklopend uitgedien? Dan beteken die 2e vonnis mos niks.

Abe ·

Pieter,
Jy is in n mate reg as jy se dat in die geval van vonnisse wat gelyklopend uitgedien word, beteken die 2e vonnis eintlik niks. Behalwe dat die erns van jou oortreding(s) en die aantal vonnisse wat jy gelyklopend uitdien, beinvloed tog jou loopbaan in die tronk op verskeie maniere, oa. ook as daar besluit word oor wanneer jy kwalifiseer vir parooloorweging ens.

Boetes ·

Ek gaan van nouaf ook nie meer n spoed kaartjie betaal nie.

Hulle moet die hoogste kaartjie eendag van my boedel eis. Dan het ek die vonnisse ook gelyklopend uitgedien

Sanna spoedvraat ·

Net nou erf jou nasate niks, maar vonnisoplegging na die doodsertifikaat uitgereik is klink na ‘n plan!

Anoniem ·

Nee wat Meneer, Jy het geweet wat Jy doen is verkeerd ! Jy gaan tyd hê om lank na te dink !

Elsa ·

Jammer. Maak net my spelfout reg.
Die vonnis is goed. Ek aanvaar die rehter se vonnis.
Nou kan die regte vonnis in die tronk begin.
Doen aan hom wat hy aan n weerlose vrou gedoen het. Niks minder, niks meer.

Denise ·

Ontsaglik jammer,vir die twee seuns en haar ouers,wat hierdeur moes gaan.
BAIE STERKTE vir kenisse, vriende en almal,hierdeur geraak!
Bly reg en geregtigheid seëvier

Abe ·

Johan,
Daar is geen sprake van n “vals prentjie” in die manier waarop MM. berig oor lewenslange vonnisse nie. Wanneer n persoon gevonnis word tot lewenslange gevangenisstraf is daar geen manier om te bepaal hoe lank hy in effek gaan sit nie. Die lengte van sy tronkstraf word deur verskeie faktore bepaal gedurende sy loopbaan in die tronk en die media is heeltremal korrek om bloot te berig, “hy word tot lewenslange tronkstraf gevonnis.”

Agnesia ·

DOODSTRAF = MINDER MOORDE
DOODSTAF = PLAAS MOORDE

Mense doodstraf klink onmenslik maar so is moord.
Lewenslank is geen straf as daardie persoon wat daad gepleeg het nog asem haal nie ! Moordenaars moet selfde paadjie loop en hulle lewe kan prys gee vir die lewe wat geneem is.

Mart ·

Is die doodstraf regtig onmenslik? Daar was ñ tyd lank, lank gelede waar die doodstraf nie net uitgevoer is nie, maar was die grootste teenvoeter vir moord. En daardie tyd was dit veilig. Kinders was regte kinders, en jy as ouer het geweet van elkeen in jou buurt. Jy hoef nie eers alles en almal ondersoek voor jou kind na ñ maatjie gaan nie. Ek wens dat hulle die doodstraf sal terug bring, maar ek glo nie dit gaan gebeur nie, want wat as dit dalk een van die regters se eie familie is wat skuldig is aan moord, sal hy die doodstraf kry??

Corne ·

Slim vang sy baas. Jammer daar is so baie mans wat dink hul kan met moord van hul vroue wegkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.