Dit volg amper presies ʼn jaar nadat chaos op dieselfde veld uitgebreek het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Shimlapark-voorval"
Nuuskommentaar: SA nie uniek met klowe wat groei
Die publisiteit wat ’n verslag oor die Kovsiegeweld wat Kovsies nié uitgereik het nie, nou kry, beklemtoon dat rassespanning in die land minstens persepsiegewys aan die toeneem is. Maar Suid-Afrika staan nie alleen nie – ook ander lande spook daarmee en soek na oplossings.
Rugby-bakleiery: UV maak nie verslag bekend nie
“Die aanbevelings [in die verslag] dui verder daarop dat almal by die UV daadwerklik daarna moet streef om groter begrip te kweek, byvoorbeeld begrip van wit studente vir die frustrasie en woede van swart studente [en] begrip van swart studente vir die vrees van wit studente.”
Rugby-bakleiery: UV ontken studente sal môre verhoor word
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Donderdag gesê studente wat briewe ontvang het dat hulle Vrydag by ʼn hotel in Bloemfontein moet verskyn in verband met ʼn voorval vroeër vanjaar toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op Shimlapark op die veld gestorm het, is bloot vir ʼn vergadering ontbied om reëlings vir die beoogde dissiplinêre verhore te tref.
UV-rugby-bakleiery: ‘Aanklagte teen studente ongrondwetlik’
Briewe wat deur die Universiteit van die Vrystaat (UV) aan verskeie studente gestuur is waarin hulle voor ʼn dissiplinêre komitee gedaag word rakende die voorval vroeër vanjaar toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op Shimlapark in Bloemfontein op die veld gestorm het, is Woensdag as “ongrondwetlik” bestempel.
Rugby-bakleiery: Studente aangekla
Verskeie studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Dinsdagmiddag ʼn brief van die universiteit ontvang waarin hulle voor ʼn dissiplinêre komitee gedaag word rakende die voorval vroeër vanjaar toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op Shimlapark op die veld gestorm het.
Jonathan Jansen: ‘Ons het baie bewyse’
Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het Dinsdag gesê hy was nog nooit so bang nie soos tydens Maandagaand se chaos by Shimlapark.
UV-kampus gesluit ná geweld by rugbywedstryd
Die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Dinsdag en Woensdag oral gesluit wees ná ʼn betoging deur kontrakwerkers Maandagaand gewelddadig geraak en verskeie mense beseer is.
[Video] Betogers ontwrig rugbywedstryd
Chaos het Maandagaand op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) uitgebreek, toe betogers op die veld gehardloop het waar die Shimlas-rugbyspan teen die Madibaz van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gespeel het.