SANParks het “streng” teen ʼn bestuurder opgetree wat verlede week sewe impalas in die Nasionale Krugerwildtuin doodgery het, deur die man met R2 500 te beboet.
Lees meerAlles vir Maandag 7 Mei 2012
DA woordvoerder vra modelle om versoenend op te tree na rassistiese uitlatings
Mmusie Maimane, die DA se nasionale woordvoerder, het ʼn ope brief aan twee skoonhede geskryf na beide onlangs rassistiese uitlatings op die sosiale netwerk Twitter gemaak het.
Met die maan gepla…
ʼn Webwerf het die kuberruimte deursoek en tien van die beste foto’s van die naweek se “Supermaan” gepubliseer.
Petrolprys daal moontlik in Junie met 53c
Inligting van die Sentrale Energiefonds wys dat die petrolprys met sowat 53c ‘n liter op 6 Junie kan daal as die internasionale petrolprys en die verhandelingskoers van die rand, soos op 3 Mei, vir die res van die maand so kan bly.
Paartjie kry reusagtige elektrisiteitsrekening
‘n Paartjie van Johannesburg wat van voorafbetaalde elektrisiteit gebruik maak, het ‘n R1,5 miljoen water- en ligterekening van die stad af ontvang.
DA leier vir derde keer vanjaar uit Tshwane raad geskop na geskil met speaker
Driekuns – Brandon Topham, die DA-leier van die Tshwane-metroraad, is Donderdag vir die derde keer vanjaar uit ʼn raadsvergadering geskop.
Lewenslange leer is die sleutel tot die toekoms
Flip Buys bespreek die voordele van mense wat lewenslank aanhou leer.
Losskakels bring hul kant
Polla Roux bespreek die afgelope naweek se rugby.
Modimolle Monster – Hofsaak duur Vrydag voort
Johan Kotze verskyn weer Vrydag in die hof
Die man wat bekend staan as die “Modimolle Monster”, Johan Kotzé, en die drie mans wat me. Ina Bonnette glo om die beurt verkrag het – mnre. Andries Sithole (42), Peter Mohlako (33) en Frans Mphaka (29 – verskyn Vrydag weer in die Modimolle-landdroshof.
Seun (17) beland in hospitaal na rugbywedstryd
’n Rugbywedstryd tussen twee Pretoriase hoërskole is Vrydagmiddag gestop toe ’n bakleiery uitgebreek en ’n speler met ’n ambulans hospitaal toe is nadat hy aangerand is.
Nuuskommentaar: Naamsveranderinge – Kan transformasie en versoening bedmaats wees?
Kan daar gelyktydig transformasie en versoening wees? Die vraag is nou relevant na die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, tydens ʼn sake-ontbyt gesê het naamsveranderinge speel ’n kritieke rol in die regering se “transformasie-agenda”. Is hy onbewus van die nasionale akkoord waarop die nuwe grondwet gebou is, of is hy moedswillig?
Solidariteit slaan ʼn ses vir Afrikaanse onderrig
“Ons vat Afrikaanse hoër onderwys na die mense toe. Die gevorderde onderrigtegnologie maak dit moontlik dat ons hoër onderwys bekostigbaar kan aanbied. Ons programme is tussen 30% en 50% goedkoper as in die res van die mark.” – Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia.
David Beckham een van die rykstes in sport
David Beckham, voormalige kaptein van Engeland se sokkerspan het reeds sowat £160 miljoen ingepalm en het hom ʼn plek verseker in die Sunday Times Rykes in Sport-lys wat die afgelope naweek publiseer is.
“Plekname moet almal se geskiedenis weerspieël,” sê Zille
Straat- en plekname moet poog om Suid-Afrikaners te verenig en te versoen, eerder as om mense te verdeel, en dit gaan ʼn kompromie van almal vereis, het die DA Sondag gesê.
Twee kinders verbrand op plaas
Twee jong kindertjies is Sondagaand in ʼn brand dood in ʼn huis op ʼn plaas naby Steynsrus in die Vrystaat.