Vier studente van TUT is beseer nadat ‘n bakkie in Nelspruit hulle Donderdagmiddag glo omgery het.
Alles vir die maand November 2012
DA verloor wantroue-mosie
Die hooggeregshof in die Wes-Kaap het Donderdag ‘n dringende aansoek deur die DA om ‘n mosie van wantroue teen president Jacob Zuma in die parlement te bespreek, van die hand gewys.
‘Rower’ in PTA-Wes doodgeskiet
‘n Vermeende rower is Donderdag tydens ‘n skietery met die polisie in Pretoria-Wes doodgeskiet.
Jack Russell byt pasgebore baba dood
ʼn Agt dae oue baba is Dinsdagaand deur ʼn Jack Russell-kruising in Shropshire, Engeland, doodgebyt.
Repokoers bly onveranderd
Gill Marcus, president van die Reserwebank (SARB) het Donderdag aangekondig dat die repokoers op 5% onveranderd sal bly.
‘Boelie’-moordsaak: “Hy het gekry wat hy verdien”
Aanklaers in die boelie-moordsaak het Donderdag die hof versoek om die saak uit te stel.
Weerlig slaan Limpopo-man dood
ʼn Man is Woensdagmiddag naby Witpoort in Limpopo deur die weerlig doodgeslaan.
ANC-jeugliga wil Potch-raadslede herroep
Die ANC-jeugliga het Donderdag gesê die ANC moet sy raadslede in Potchefstroom herroep nadat dié party se burgemeester deur ʼn DA-raadslid vervang is.
Skolier slaan onderwyseres glo bewusteloos
Die onderwysdepartement wil ʼn skolier, wat glo sy onderwyseres met die vuis geslaan het, skors.
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie”
Johan Kotze, die sogenaamde Modimolle-monster, het glo nooit bedoel om sy vervreemde vrou seer te maak nie, maar hy kon homself glo nie help nie.
Polisie keer JHB-betoging
Die polisie het Donderdag ʼn gewelddadige betoging in Zandspruit, noordwes van Johannesburg, gekeer.
12 van Afrika se rykstes in SA
Twaalf van Afrika se 40 rykste mense is miljardêrs van Suid-Afrika, het Forbes Donderdag op sy webwerf bekendgemaak.
Spoegkobra pik ouma
Sannie Haywood, ʼn ouma van Boksburg aan die Oos-Rand is Sondag deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik.
17 leerlinge by een skool swanger
ʼn Skool in Noordwes het die ouers van ten minste 17 swanger dogters versoek om op bystand te wees indien een van die dogters wil kraam.
Nuuskommentaar: Geleentheid om saak vir Afrikaans oorsee te stel
Geleenthede om die saak van Afrikaans, en sy sprekers te internasionaliseer, moet aangegryp word.
Noordwes kry eerste DA-burgemeester
‘n Lid van die Demokratiese Alliansie is Donderdag tot burgemeester van Potchefstroom verkies.
Video: Wonderkind-ingenieur van Afrika laat MIT verstom
Kelvin Doe (15) van Sierra Leone is die jongste persoon ooit wat genooi is om aan die gaspraktisynsprogram by die Massachusetts Instituut van Tegnologie (MIT) in Amerika deel te neem.
Weerlig dood 22 beeste
ʼn Hewige donderstorm het glo gelei tot die vrektes van 22 beeste op ʼn plaas naby Middelburg, Mpumalanga.
Moordverdagte oorlede voor verhoor kon begin
Louis Venter (61), wat beskuldig word van die moord op sy vrou en sy aangenome seun, is vroeër die week in die hospitaal oorlede.
Vermiste vliegtuig: Liggame uitgeken
Die liggame van Bryan Simms en sy seun Robert is positief geïdentifiseer nadat hulle vliegtuig se wrak in Mosambiek gevind is.