Wayne Parnell, die Suid-Afrikaanse krieketspeler wat van dwelmgebruik in Indië aangekla word, gaan vandeesweek met sy ondersoekbeampte in die land vergader.
Alles vir Dinsdag 9 April 2013
Nuuskommentaar: Eras van Thatcher en Mandela
Die “Ystervrou”, die voormalige Britse premier Margaret Thatcher, is oorlede. Haar dood volg kort na die nuus dat oud-president Nelson Mandela ná sy soveelste hospitalisasie weer tuis aansterk.
Agter die skerms van ʼn nuwe Afrikaanse fliek
Die span van Roepman en Verraaiers is weer hard aan die werk met ʼn nuwe Afrikaanse fliek, Musiek vir die agtergrond. En met die uiters talentvolle span wat aan stuur van sake is, kan Afrikaanssprekendes maar gerus op die punt van hul stoel sit en wag vir dié film om sy verskyning te maak.
Margaret Thatcher gaan soos Diana, koninklike moeder vereer word
Margaret Thatcher, die “Ystervrou” van Engeland wat Maandag gesterf het, gaan volgende week ʼn volle seremoniële begrafnis kry.
Malema vandag in hof oor minagting
Die kurators van die boedel van die voormalige ANC-jeugligaleier, Julius Malema, gaan vandag ʼn aansoek in die hof bring wat Malema van minagting van die hof aankla.
Derby-Lewis wil glo jammer sê
Clive Derby-Lewis (77), wat lewenslange tronkstraf uitdien vir sy aandeel in die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani, wil glo om verskoning vra vir sy rol in die sluipmoord.
ANC-LP deur inbrekers oorval
Die ANC het Sue van der Merwe, ʼn senior LP van die party, ʼn spoedige herstel toegewens nadat sy die naweek beseer is gedurende ʼn…
MRK kap sentrum wat homoseksuele ‘help’
Die Creare-opleidingsentrum in Bloemfontein is deur die Menseregtekommissie (MRK) skuldig bevind aan die skending van menseregte weens onregmatige diskriminasie teen homoseksuele mense.
Seun vermoor glo pa
ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy pa tydens ʼn familiebyeenkoms vermoor het.
Polisieman vas ná 11-jarige se dood
ʼn Polisiebeampte van Dobsonville is in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn 11-jarige meisie.