Gomez Cincuengui (58) van Uruguay is erg ontwater en 20 kilogram ligter, maar lewend gevind nadat hy vier maande gelede in die Andesgebergte vermis geraak het.
Alles vir Maandag 9 September 2013
Koster-pad eis 6
Ses mense is dood nadat ʼn Toyota en ʼn BMW oor die naweek mekaar reg van voor op die Koster-pad naby Magaliesburg in Noordwes getref het.
Nóg twee sterf in trokongeluk
Twee mense is dood en twee het kritieke beserings opgedoen nadat die swaarvoertuig waarin hulle gery het Sondagaand in Pretoria naby die Fonteine-sirkel omgeslaan het.
Maroela Media Top 20 – 9 September 2013
Hande- Karlien van Jaarsveld Spyt kom te laat- Ricus Nel Gee gee gee- Mwah Dis hoe ons rol- Jay Die gras is altyd groener- Dogters…
Matrikulant sterf ná hy by rots afval
ʼn Matrikulant van Bosbokrand is dood nadat hy Saterdag meer as 200 meter ver van ʼn vertikale rots by die Drie Rondawels in die Blyderiviervallei…
Nuuskommentaar: Sonskynjoernalistiek of silwer randjie se donker wolk?
In die aanloop tot aanstaande jaar se algemene verkiesing het dit kwalik as verassing gekom dat die waarnemende baas van die SAUK laat blyk het hy wil hê die openbare uitsaaier se nuusbulletins moet uit 70% goeie nuus, en net 30% ander nuus bestaan.
Pinetown-trokongeluk: Bestuurder vandag in hof
Die vragmotorbestuurder wat Vrydag in hegenis geneem is nadat hy in vier volgelaaide minibustaxi’s en ʼn voertuig in Pinetown, KwaZulu-Natal in geploeg het, verskyn Maandag in die Pinetown-landdroshof.
Springbokke: Luister hier na die jongste uit Brisbane
Jy kan hier na die jongste klankgreep luister wat ons ontvang het na afloop van die Springbokke se perskonferensie in Brisbane.
Man probeer glo selfmoord pleeg na moord
ʼn Man het glo selfmoord probeer pleeg deur homself voor ʼn vragmotor te gooi nadat hy glo ʼn ander man tydens ʼn geveg oor ʼn selfoon vermoor het.
Twee vas oor verdwyning van 4-jarige
Twee mans is in hegtenis geneem en word ondervra in verband met die verdwyning van die vierjarige Shaskia Michaels.
Gedagte vir die dag: Ons wil Jesus ontmoet
Johannes 12:26 As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien,…