ʼn Grootskaalse soektog na drie tieners wat in die see by Hawston naby Hermanus in die Wes-Kaap vermis geraak het, is vandag voortgesit.
Lees meerAlles vir Sondag 8 Desember 2013
‘Mandela se laaste asem was sy eie’
Die laaste asemteug wat oudpresident Nelson Mandela geneem het, het hy op sy eie sonder lewensondersteunende masjiene en in die teenwoordigheid van sy naaste familielede geneem, berig die Sunday Times.
Vrou verdrink in getyswembad
ʼn 23-jarige vrou het Sondag in ʼn getyswembad by Strandfontein aan die Weskus verdrink.
Ekstra stadions vir amptelike Mandela-gedenkdiens
Drie ekstra stadions is beskikbaar gestel vir diegene wat Dinsdag oudpresident Nelson Mandela se amptelike gedenkdiens wil bywoon.
Mantashe: ‘Vier Mandela se lewe’
Mense moet nie net rou oor die dood van oudpresident Nelson Mandela nie maar sy lewe vier, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Sondag by ʼn biddiens in die Oos-Kaap gesê.
Pa en seun sterf in botsing
ʼn Pa en sy sewejarige seun is Sondagoggend in ʼn botsing in Randparkrif, Johannesburg oorlede.
Dames: ‘Ek het rus nodig’
Brian Dames het as uitvoerende hoof van Eskom bedank aangesien hy rus nodig het, berig die Sunday Times.
Vroueliga se voormalige segsvrou glo in padwoede-voorval betrokke
Troy Martens, voormalige woordvoerder van die ANC-vroueliga, het ʼn klag aanhangig gemaak nadat sy glo vroeër die week deur ʼn motoris aangerand is, berig die Sunday Times.
Fiksheid-ondersoek gaan belastingbetaler glo meer as R14 m. kos
Die kommissie van ondersoek na die sterftes van agt mense gedurende ʼn fiksheidstoets by die KwaZulu-Natalse Padverkeersinspektoraat (RTI) gaan na verwagting meer as R14,2 miljoen kos, berig die Sunday Times.
Talle vas in Jhb-middestad
Die polisie in Johannesburg het sedert Vrydag minstens 48 mense is in die middestad in hegtenis geneem vir verskeie misdade waaronder poging tot moord en gewapende roof.
Beslag gelê op kokaïen van R23 m.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Sondag op 80kg kokaïne beslag gelê by die Beitbrug-grenspos in Limpopo.
Gedagte vir die dag: Haar edelste taak
Luk 7:37-38: “Sy bring toe ’n albaste flessie met reukolie en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete…