Pres. Jacob Zuma het Thuli Madonsela in 2009 aangestel en haar sewejaar-termyn kom in Oktober tot ʼn einde.
Alles vir Dinsdag 9 Februarie 2016
Reis na binne
Hierdie jaar het skaars begin. Dis my jaar om binne-in myself te gaan soek. Ek wil God weer vind. Sonder dat ek ver hoef te soek, maak Hy kort-kort sy verskyning aan my, deur die reën, deur musiek, my kinders en alles om my. My gebed is: Jammer God dat ek so maklik twyfel!
Apartheidera-polisiebeamptes aangekla van moord
Vier polisielede van die destydse Soweto Spesiale Tak sal vervolg word vir die apartheidera-moord van Nokuthula Simelane wat in 1983 verdwyn het.
Nog ʼn student op UK-kampus aangeval
ʼn Tweedejaarstudent op die Universiteit Kaapstad (UK) se mediese kampus het Maandag die mees onlangse slagoffer van ʼn reeks aanvalle geword wat die afgelope paar weke die studentegemeenskap teister.
Gedagte vir die dag: Dawid
Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. (Psalm 51:3, 5-6)
Assupol se peil hoër; aartsteenstanders val vas
Midde-in aanduidings dat die peil van die Noorderbonde se Assupolreeks hoër as verlede jaar is, het die aartsteenstanders Pretoria Polisie en Rustenburg Impala Saterdag in die eerste ronde teen mekaar vasgeval.
KZN-klubs: Premierliga kry nuwe struktuur
Die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se topliga, die Premierliga om die Moorbeker, kry vanjaar `n nuwe struktuur.