Volgens minister Des van Rooyen het 24 skole onder betogers deurgeloop, maar word nog ʼn bykomende 88 skole deur die betogings geraak omdat die skole moes sluit weens die spanning in die gebied. Altesaam word ongeveer 86 000 leerders geraak.
Alles vir Woensdag 11 Mei 2016
Twee mans oorleef vliegtuigongeluk
Twee mans het Woensdagoggend ʼn vliegtuigongeluk in Midrand, tussen Johannesburg en Pretoria, oorleef.
Hiëna-broederskap trek Gemsbokke plat
Die met broers besaaide span van Heilbron het Saterdag Bethlehem-oudskoliere II se Gemsbokke in die Griffons-Oosliga platgetrek.
Verwoerd se gees teister steeds opleidingsbedryf, sê DA-LP
Die apartheidsera-beleid van Bantoe-opleiding wat deur die voormalige eerste minister Hendrik Verwoerd ingestel is, duur vandag nog voort in Suid-Afrika, het ʼn DA-LP Dinsdag in die parlement gesê.
St Albans-tronk: Uitspraak oor appèl ná martelsaak
Die hooggeregshof Port Elizabeth het Dinsdag uitspraak gelewer in die aansoek om verlof tot appèl wat verband hou met bewerings van marteling en geweld by ʼn gevangenis in die Oos-Kaap.
Man met 23 verkragtings verbind
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se forensiese laboratorium het ʼn 33-jarige verdagte geïdentifiseer en met 23 sake van verkragtings in die Wes-Kaap verbind.
Gedagte vir die dag: Ondersteun mekaar
As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien. (1 Petrus 4:10)