Die sanger Chris Else het onlangs die mooie Struisbaai in die Wes-Kaap verruil vir Pretoria se stadsliggies, en sê hy was oor niks nog só seker soos die besluit om sy musiekdrome na te jaag nie.
Alles vir Woensdag 11 Mei 2016
[Video] Jy kan voluit leef, meen dowe studente
Dis baie duidelik dat Markus en David nog baie gaan bereik, want daar is ʼn brandende begeerte om sukses te behaal.
Doen nou aansoek vir eerste Potchefstroom Kunstefees
Japie Gouws, woordvoerder van die groep van Aardklop-belanghebbendes en besturende direkteur van die ATKV, het Woensdagoggend gesê daar word volstoom gewerk aan die beplanning van Potchefstroom Kunstefees, en dat daar besluit is oor die struktuur vir die fees.
Herbesin oor taalbeleid, vra SA Akademie vir Kovsies
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se besluit om sy onderrig- en voertaal van 2017 af te verengels, is onbesonne en onverantwoordelik, meen die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
[Foto’s] Veiligste motor ooit?
Vyf tieners het ʼn ongeluk in Duitsland oorleef nadat die 18-jarige bestuurder teen ʼn hoë spoed beheer verloor het oor die motor en dit in ʼn veld gerol het.
Vrou (72) skenk geboorte
ʼn Indiese vrou in haar 70’s het onlangs geboorte geskenk aan haar eersteling ná 46 jaar se getroude lewe.
Drie ‘renosterstropers’ vas ná skoot
Wildbewaarders van die Klaserie-natuurreservaat naby Hoedspruit in Limpopo het Dinsdagmiddag drie vermeende renosterstropers vasgetrek.
Francois Retief: tegnologie-ghoeroe
Francois Retief is die medestigter van Iono.fm, ’n innoverende gasheer-platform vir podsendings soos die Klipkouers-podsending, RSG, BBC, Duitse Radio en vele meer.
Kepler ontdek nege bewoonbare planete
Die Kepler-ruimteteleskoop het nog 1 284 eksoplanete gevind, waarvan nege volgens hul grootte waarskynlik rotsplanete is en in hul onderskeie sterre se bewoonbare sone wentel.
Gedig: Kô, lat ons sing
“hy het gavra wat’s in my hand, en vrinne in my hand was my kitaar…” Geniet Adam Small se gedig, “Kô, lat ons sing”
Hoe maak mens: God is ons hoop op nuwe lewe
In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor God wat ons hoop is op ’n nuwe lewe. Ons hoor getuienisse van hoe God mense genees het van seer en traumas uit hul verlede.
Klasaksie teen GEPF namens 1,2 miljoen staatsamptenare
Dit volg nadat die GEPF glo sonder ’n konsultasieproses die formule waarvolgens amptenare se aktuariële belang by bedanking bereken word, onregmatig gewysig het.
ToekomsVenster: Waar het ek die boodskap gehoor en by wie?
Ek vertrou dat jy nou begin agterkom dat God mense gebruik om vir ander mense ’n bepaalde boodskap te gee. Die meeste van ons het die boodskap van Christus deur mense ontvang en nie op ’n bonatuurlike manier nie.
[Foto’s] Brand by gewilde Durban-hotel
Brandbestryders het Woensdagoggend vinnig ʼn brand onder beheer gebring wat omstreeks 07:30 by die Blue Waters Hotel op die Durbanse strandfront uitgebreek het.
Sepiester vra jou hulp
Die bekende aktrise het haar tot sosiale media gewend om steun te vra vir ʼn kwessie wat haar na aan die hart lê.
Resensie: Chris Else
Chris se eerste album, Gee my nog ’n kans, is twee jaar gelede uitgereik, maar om die een of ander rede het dit nie juis radiolugtyd gekry nie. Hierdie album gaan die meeste mense se eerste kennismaking met sy musiek wees.
[Resep] Hawermoutpap
Met dié resep kan jy ʼn hele klomp soorte pap maak.
Nuuskommentaar: Ore aansit met ‘goeie nuus’
Die media het te kampe met klagtes oor nuus wat dikwels slegte nuus is, maar dat die goeie nuus wat wel gepubliseer word, dikwels nie juis lesers trek nie.
[Video] Perd ná dae uit stormwaterdrein gered
ʼn Perd is Dinsdag uit ʼn stormwaterdrein in Tembisa, tussen Johannesburg en Pretoria, gered nadat dit vermoedelik oor die naweek deur ʼn inspeksiegat geval het.
Disleksie en leerbeginsels
Die situasie van ’n kind met disleksie kan nie verstaan word tensy ons raaksien dat hy ’n mens is nie. ’n Belangrike kenmerk van die mens is dat hy niks weet en niks kan doen wat hy nie geleer het nie. Dit sluit natuurlik liggaamsfunksies soos asemhaal uit, sowel as reflekse, soos byvoorbeeld die oogrefleks wat meebring dat die oog geknip word wanneer ’n voorwerp dit nader.