Die Suid-Afrikaner, Sunette Viljoen, het Donderdagaand trots met ʼn silwermedalje vir Suid-Afrika in die finale ronde van die spiesgooi by die Olimpiese Spele in Rio weggestap.
Alles vir Vrydag 19 Augustus 2016
Man vir moord op polisieman gevonnis
ʼn Man wat ʼn Oos-Kaapse polisieman in Januarie 2015 aan diens vermoor het, is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.
‘Moordenaar’ na 12 jaar in hospitaal gevind
ʼn Man wat glo sy vrou in haar ma se huis doodgeskiet het, is vandeesweek ná 12 jaar op vrye voet uiteindelik vasgetrek.
Gedagte vir die dag: Wag op Hom
So sê die Here: Op ’n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou gebede verhoor. (Jesaja 49:8)