Griekeland het aangekondig hy gaan vlugtelinge wat tans op Griekse eilande in die Egeïese See woon na die vasteland begin verskuif nadat geweld in van die vlugtelingkampe uitgebreek het.
Alles vir Maandag 3 Oktober 2016
Diamant-uitdaag: SA spanne wen albei
Suid-Afrika se twee verteenwoordigende spanne, die Proteas en die Presidentspan, het Sondag albei hulle netbalwedstryde in die eerste ronde van die Diamant-uitdaagtoernooi by die Westville-kampus van die UKZN net buite Durban gewen.
Aksie in Afrikaans
Gedink ou honde kan nie nuwe truuks leer nie? Wel, Afrikaans kán. Sy is 91 jaar oud en is gedurig besig om te vernuwe en te transformeer.
Oom Herrie se kerrie: Anderkant die Wyngordyn
Jare gelede was hierdie blou, blou berge ook die jonge Herrie s’n om elke dag te sien en te bewonder. Van die jonge Herrie kan onthou, was hulle maar net daar … ʼn vanselfsprekendheid.
Minstens 50 dood, honderde beseer tydens stormloop in Ethiopië
Minstens 50 persone is Sondag dood en honderde beseer in ʼn stormloop tydens ʼn betoging teen die regering in Bishoftu, ongeveer 40 km suidoos van Addis Ababa, Ethiopië.
Geen lesings by UK, sê VSR
Die Universiteit van Kaapstad (UK) se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) het studente gewaarsku om nie Maandag na hul klasse terug te keer nie, nadat die universiteitsraad beslis het dat lesings sal hervat te midde van betogings oor studentegelde.
Lesings hervat by Wits; studente se finansieringsmodel
Die bestuur van die Universiteit van die Witwatersrand het beslis dat lesings Dinsdag by die universiteit sal hervat. Personeellede sal Maandag reeds terugkeer werk toe.
Gedagte vir die dag: Niks sonder liefde nie
Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe om God se boodskap te verkondig en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. (1 Korintiërs 13:1–2)