Wanneer het dit aanvaarbaar geword om in Oktober al die winkels vol Kersversierings te hang? Waar jy ook al kyk, is daar rooi balletjies en groen blare om jou te herinner dat die jaar einde se kant toe staan. Daar’s net twee maniere om dit te ignoreer: kyk weg, of kyk ShowMax.
Alles vir Donderdag 6 Oktober 2016
[Entrepreneurskap] Malaria se impak op ondernemings in Afrika
In hierdie episode fokus Jacques Basson van Klipkouers op Francois Maartens, eienaar van IMCC, die man wat weet hoe om die grootste moordenaar in Afrika aan te pak, se besigheid.
Nuwe son skyn in Afrikaanse musiek
Herman en Douw glo ʼn platemaatskappy moet ʼn plan met ʼn kunstenaar hê voordat hulle ʼn kunstenaar se loopbaan aan die gang kry. Volgens hulle het kunstenaars leiding nodig, veral as hulle jonk is, maar dit beteken nie dat hulle in ʼn blik gedruk moet word nie.
Luister: Hoe maak jy met ander mense se foute?
Goed gebeur in mense se lewens wat nooit veronderstel was om te gebeur nie. Dit is wanneer ander mense oor die algemeen wreed is en genadeloos omgaan met die foute wat ander maak. Die vraag word gevra hoe ons as mense sulke goed moet hanteer, veral as dit oor jou pad gekom het.
Komitee vra SAUK-raad om te bedank
LP’s het Woensdag besluit dat die nie-uitvoerende direkteure van die SAUK-raad gevra sal word om te bedank en indien hulle versuim om dit te doen, sal ʼn parlementêre ondersoek na die raad se bevoegdheid om sy amp te beklee gedoen word.
Mynwerker sterf ná vakbondgeweld
ʼn Lid van die National Union of Mineworkers (NUM) is dood nadat hy Dinsdag by Sibanye Gold se Cooke-aanleg in Westonaria, wes van Johannesburg, aangeval is.
#FeesMustFall: Vereniging bekommerd oor moontlike tekort aan dokters
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die effek wat die #FeesMustFall-betogings op finalejaar mediese studente by gesondheidsfakulteite regoor die land het.
Gedagte vir die dag: Jou gees is nie vir toustaan gemaak nie
Ek wag op die Here, ek wag, en hoop op sy woord. Ek wag op die Here, meer as wagte wag op die môre, wag op die môre. (Psalm 130:5-6)