Ongeag watter spesifieke party die algemene verkiesing wen, moet ons elkeen begin om ons eie mag en beheer terug te vat van die staat. Ons moet nie meer wag vir iemand om goed te kom regmaak vir ons nie – ons moet dit sélf doen.
Alles vir Vrydag 19 April 2019
’n Beter manier om van diktators ontslae te raak
Wat ons die afgelope tyd in Algerië en Soedan gesien het, is hoe beide lande se burgery vanuit eie vermoë van diktators onslae geraak het. Dit is sekerlik nie altyd moontlik nie en kom soms teen ’n groot prys, maar die les wat die wêreld kan leer is dat wat in Algerië en Soedan gebeur het, soveel beter is as die wyse waarop diktators in Libië, Jemen en Irak verwyder is.
Gedagte vir die dag: Vir wat wag jy?
Staan op, tel jou goed op en loop. (Johannes 5:8)