Boek: ‘Jungu Josh’-trilogie neem lesers op reis na magiese vallei

Constant van Graan

Met die Jungu Josh-trilogie maak Constant van Graan sy debuut as skrywer. Lees hier meer oor die eerste boeke wat reeds verskyn het:

Jungu Josh 1: Die goue kalbas
Josh woon by sy tannie op ʼn plaas in Oos-Afrika nadat sy ma skielik verdwyn het. ʼn Vreemdeling daag op en probeer hom ontvoer. Doris, die huishulp, red hom. Sy vertel hom dat ʼn groep mense sy bloed soek en dat hy in die vallei Kalimbula die wyse man, Ngandu, moet gaan spreek om antwoorde te vind. Josh pas die legkaartstukkies van sy ma se verdwyning stadig bymekaar, maar toe die goue kalbas oopgemaak word om die naam van die troonopvolger te onthul, kry Josh die verrassing van sy lewe . . .

Jungu Josh 2: Die kryger van Aboemondja
Josh is as die nuwe koning van Kalimbula ingehuldig. Hy sukkel met die idee van koning wees. Silvia, sy ma, is egter nie dood nie. Sy slaag daarin om van die plaas te ontsnap. Intussen maak ʼn misterieuse kryger haar verskyning en Josh se koningskap word tot die uiterste beproef. Hy vra die hulp van die geheimsinnige sifashama met hul rooi mantels, maar dit help nie. Masjeba se raad kom teen ʼn prys. En waar is Silvia? Sal sy Kalimbula bereik voor dit te laat is en alles om Josh in duie stort?

Oor die skrywer

Constant van Graan is ʼn dosent in forensiese rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit. Hy is ʼn skrywer en deeltydse musikant in die musiekgroep Pelican State.

Kyk hier na die lokprent van Jungu Josh: Die goue kalbas, die eerste verhaal in Constant van Graan se jeugtrilogie:

Die laaste boek in Van Graan se trilogie, Jungu Josh 3: Die Waters van Wafu, word binnekort deur NB-Uitgewers uitgegee.

Ouderdom: nege tot 12 jaar
Prys: R120,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.