Boek: Ruk-en-rol rugby

Daniele Bergesio

Rico is ʼn danser. Hy is so maer soos spaghetti en so lig soos ʼn muggie, maar sy droom is om rugby te speel! Hy skraap moed bymekaar en vra die afrigter of hy ook mag speel. Eers raak hy nie aan die bal nie en dan duik hulle hom plat, maar sodra die ruk-en-rol-musiek oor die luidspreker begin speel, word ʼn rugbyster gebore. ʼn Prenteboek gemik teen stereotipering en ʼn storie wat die leser sal inspireer om sy of haar drome te volg!

Vir kinders in die ouderdomsgroep 6 tot 9.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.