Boek: Staan jou man

Nick 2deur Nick Vujicic

Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie …

Maar sy boodskap is dat jy dit kán oorkom, want geen boelie kan vir jou sê wié jy is nie. In Staan jou manwys hy vir lesers hoe om ’n beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan teen boelies van enige aard.

Hierdie boek sal jongmense onder meer leer om:

  • die feit dat hulle geboelie word in ’n positiewe ervaring te omskep
  • vir hulle ’n veilige ruimte te skep
  • sterk waardes te vestig wat geen boelie kan skud nie
  • internet-boelies te hanteer
  • ’n sterk geestelike fondament te vestig wat kan staan teen boelies
  • na hulle eie emosies te kyk en hulle reaksies te beheer
  • ander wat geboelie word te help

Staan jou man is ideaal vir elkeen wat wil opstaan teen wreedheid – hetsy teen hulself of dié vir wie hulle lief is.

Oor die outeur:
Nick Vujicic is ’n New York Times-topverkoper-outeur, evangelis, motiveringspreker en die direkteur van Life Without Limbs, ’n organisasie wat die boodskap van hoop in Christus met die hele wêreld help deel. Nick is vir baie mense ’n inspirasie met sy ingesteldheid om struikelblokke te oorkom en sy drome waar te maak. Nick is oorspronklik van Australië, maar woon nou in Suid-Kalifornië saam met sy vrou, Kanae, en seun, Kiyoshi.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169-95*
Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.