Boek: Susan Coetzer se ‘Blinde mol of wyse uil?’

Susan Coetzer

“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.”

Só sê die veelbekroonde skrywer en aktrise Susan Coetzer oor haar jongste boek, Blinde mol of wyse uil?, wat pas bekendgestel is.

Coetzer, ʼn bekende skrywer en motiveringspreker, wil lesers op haar skreeusnaakse, dog eerlike manier, help om hulle eie lewe te ondersoek en te sorg dat hulle met integriteit leef.

“Daar is ʼn groot behoefte aan mense met integriteit. Mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek.”

Oor die skrywer

Coetzer het haar debuut as skrywer gemaak met die topverkoperroman Oros vir die siel, waarvan daar reeds meer as 30 000 eksemplare verkoop is. Die afgelope paar jaar het sy naam gemaak deur voor hoofsaaklik vrouegehore op te tree. Sy woon in Johannesburg en het een seun en een kleinseun.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R240,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scholtz ·

Solank die “skreeusnaakse” nie ligsinnigheid is of behels nie, kan die boek van waarde wees. Daar is eintlik ‘n veel groter behoefte aan deursigtige mense – sulke mense is waarheidsgerig, nie geheimsinnig nie en nie beheersugtig nie. ‘n Deursigtige mens sal een met integriteit wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.