Boekvoorlesing: Monsterrugby

 

Fanie Viljoen

Ampie weet sommer hy gaan sy plek in die rugbyspan verloor toe Max sy opwagting by hul skool maak. Max is groot en sterk, hy lééf vir rugby en hy is ’n boelie. Maar Max het ’n nare geheim….

Oor die skrywer

Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ʼn huishoudelike naam gemaak. Viljoen het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense is hy ook ʼn illustreerder en visuele kunstenaar. Van sy skilderye het ʼn tuiste in die VSA, Australië, Kanada en Brittanje gevind. Sy boeke Betower en Afkop was naaswenners in twee van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisies, en hy het al ʼn rits ATKV-Woordveertjies verower. Fanie Viljoen woon in Bloemfontein en skryf heeltyds.

Dalk hou jy daarvan om eerder na video’s te kyk? Klik dan op die skakel en luister wat Viljoen oor Monsterrugby vertel:

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing van Monsterrugby deur Fanie Viljoen. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Jeugfiksie
Ouderdom: Nege en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R123,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.