Ek hou van boeke

Anthony Browne

Vertaler: Shané Kleyn

Van watter tipe boeke hou jy? Snaakse boeke? Bangmaak-boeke? Boeke oor monsters en seerowers? Boeke met sjimpansees?

Waarvan jy ookal hou, daar is iets in hierdie boek vir jou!

Oor die outeur
Anthony Browne (1946) is ’n wêreldberoemde illustreerder wat in 2000 die eerste Brit geword het om die Hans Christian Andersen Prys vir kinderboeke te wen. Browne is in 2009 as die beste kinderboekillustreerder van die Verenigde Koninkryk aangewys.

Oor die vertaler
Shané Kleyn (1986) is sedert 2010 Protea Boekhuis se kinder- en jeugboekredakteur. Sy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Hierdie boeke sluit in:
Die groot boude-boek, Dirkie en Die wikkelboude-dansie (Guido van Genechten)
Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed (M.P. Robertson)
Die wraak van Knor (Tosca Menten & Elly Hees)
Die groot boek van groot dinosourusse (Alexander Frith & Fabiano Fiorin) en
Die voëltjies se ABC (Piet Grobler)

Uitgewer: Protea
Prys: R90-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.