Feestyd-oordenking: God weet van jou

Argieffoto. (Foto: Pixabay)

“God self het gesê: ‘Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie (Hebreërs13:5, 1983-vertaling)’.”

In haar kort, motiverende boodskap aan lesers vertel Benescke Janse van Rensburg die storie van ʼn dogtertjie se onwrikbare geloof in God. Haar verhaal is ʼn getuienis dat God tot in die fynste besonderhede van elkeen van sy kinders se lewens betrokke is.

“Dalk is jy met Kerstyd geweldig alleen en dit voel vir jou asof jy nie weet wat 2023 vir jou inhou nie, maar mag jy onthou dat God ook van jou weet. Hy weet hoeveel hare daar op jou kop is. Hy het meer gedagtes oor ons as wat daar sand is in die see. Dit is Hy wat sê Hy sal jou nooit verlaat en nooit in die steek laat nie.”

So mag jy bewus raak van sy teenwoordigheid ook in jou lewe.

Luister hier na Benescke se Kersfeesboodskap:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.