Hierdie lesers wen kaartjies vir ‘Karoo Suite 2’

Deon Meyer en Coenie de Villiers. (Foto: Gareth van Nelson/rooi rose)

Twee Maroela Media-lesers het elkeen vier kaartjies gewen vir Karoo Suite 2: Karoonagte wat op 8 en 9 April by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn te sien is.

Baie geluk aan Linda Botha en Marina Theron wat elkeen ʼn kaartjie vir haarself en drie vriende, asook ʼn getekende eksemplaar van Ons Karoo, Coenie en Deon se tweede Karoo-koffietafelboek, ontvang.

Karooliefhebbers en teatergangers kan vir oulaas na die bekroonde spanningskrywer Deon Meyer en musiekgenie Coenie de Villiers se Karoo Suite 2: Karoonagte gaan kyk. Coenie vertel aan Maroela Media dat hy en Deon gesamentlik besluit het om Karoo Suite-produksies ná die KKNK-speelvak te beëindig, maar nie voordat dit eers behoorlik afgesluit en gevier word nie.

Karoo Suite 2 is nog nie in die Karoo aangebied nie, wat eintlik ironies is, aangesien dit eintlik as ʼn liefdesbrief aan die Karoo geskryf is,” vertel Coenie.

Kaartjies vir Karoo Suite 2: Karoonagte kos R240 (vooraf), R225 (Vriende van die KKNK) en R265 (by die deur), en dit is by Webtickets beskikbaar.

Hou Maroela Media dop vir nog opwindende kompetisies en skryf in!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.