Leer hoe om jou liefdesverhaal op papier vas te vang

hart-boek-sweetlouise-pixabay.jpg

Foto: sweetlouise/pixabay.com

Is daar ʼn romantiese held of heldin in jou hart wat net wag om lewe te kry in ʼn boeiende liefdesverhaal?

Dan moet jy inskryf vir die tweede ronde van Skryfnet se Skryf ʼn Liefdesverhaal-kursus wat op 13 Februarie 2023 afskop.

Hierdie praktiese kursus is ontwikkel deur die gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar, Madri Victor, en word ook deur haar aangebied.

Madri het baie ondervinding in die uitgewersbedryf en was voorheen as redakteur verantwoordelik vir die liefdesverhale wat by NB-Uitgewers verskyn het en het die eerste chick-lit in Afrikaans gepubliseer.

Hierdie dinamiese vrou bied ook skryfwerksessies aan, doen vryskutmanuskripontwikkeling en mentor jong skrywers. Voorheen het sy as aflosdosent Afrikaanse letterkunde by die Universiteit van Kaapstad onderrig.

madri-2022-9.jpg

Foto: Madri Victor (foto verskaf)

Sy was boonop die koördineerder van die Woordfees se skrywersfees, het die jaarlikse kortverhaalkompetisie van stapel gestuur en opgetree as samesteller van die Woordfees se kortverhaalbundel.

Haar eie kortverhale is opgeneem in Break the spell/Spreek die woordKleur van die liefde en Die perfekte brander.

Skryf ʼn Liefdesverhaal sal oudergewoonte aanlyn aangebied word oor ʼn tydperk van ses weke. Dit is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale.

Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om oortuigende karakters te skep en hul drome en motiverings gebruik om hul plot woema te gee en spanning te bou.

Daar word boonop gefokus op die vroueperspektief en hoe ʼn skrywer in ʼn heldin se lyf kan klim. Die kursus maak deelnemers ook touwys hoe om liefdesverhale vir publikasie voor te lê.

Skryf ʼn Liefdesverhaal skop amptelik op 13 Februarie 2023 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie af.

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal daar ʼn e-pos met verdere inligting deurgegee word om toegang te kry tot die leerplatform.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 10 Februarie 2023. Koste beloop R2 250 per persoon.

Jy kan ook gebruik maak van ons spesiale Kersaanbod:

Bespreek vir Skryf ʼn Liefdesverhaal + enige ander kursus van jou keuse (binne 12 maande vanaf betaling) en kry R800 afslag. Klik hier om van die spesiale Kersaanbod gebruik te maak.

Vir meer inligting oor die kursus, besoek ook Skryfnet se webwerf, stuur ʼn e-pos na [email protected] of volg ons op Facebook en Instagram.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.