Luister: Stories uit Albert Bredenhann se ‘Wimpers op lakens’

Duisende vroue het al boudoir-fotosessies by die bekende fotograaf Albert Bredenhann gedoen, maar in Wimpers op lakens zoem Albert se fotografiese lens in op ʼn handvol vroue se persoonlike belewenisse.

Twaalf vroue se stories word in dié kortverhaalbundel vertel met die doel om ʼn openhartige blik op ʼn fotograaf, in hierdie geval Albert, se ervaring van vroue se emosies, uitdagings en vreugdes te bied.

In die openingshoofstuk vertel die bekroonde skrywer, Sophia Kapp, hoe dit gebeur het dat sy Albert se boek begin skryf het, gevolg deur ʼn verduideliking van die konsep van boudoir-fotografie en ʼn vrywaring dat skuilname deurgaans gebruik is.

Die verhale wat volg, strek van die vrou wat iets spesiaals vir haar man wou doen en ʼn ma wat drome deur haar 14-jarige dogter najaag, tot ʼn 29-jarige vrou met letsels as gevolg van derdegraadse brandwonde, en die vrou in ʼn rolstoel wat sukkel om die dood van haar kind te verwerk.

Lesers kan nou ook na van hierdie stories luister wat deur Albert self voorgelees word. Die voorlesings sluit “Die kind”, “Tot die dood ons skei”, Letsels” en “Die storie van ʼn stoel” in.

Wimpers op lakens se voorlesing word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media. Die stories word ook op verskeie gemeenskapsradiostasies uitgesaai en is beskikbaar op Maroela Media.

  • Lees op Maroela Media die volledige onderhoud met Albert oor sy boek, Wimpers op lakens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Veronica ·

Dankie Albert ,dit het my mer ander oë.na vroue in die algemeen.laat kyk.em laat wonder wat.jy sou raaksiem deur jou lens wat ek miskyk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.