Skrywerjoernalis se blitsverkoperboek nou te sien in teater

Herman Lategan se biografiese boek ‘Hoerkind’ het pas verskyn. (Foto: Verskaf)

Die skywerjoernalis Herman Lategan se blitsverkoperboek, Hoerkind: Die memoires van ʼn randeier, is deur die bekroonde akteur en teaterskepper, Margit Meyer-Rödenbeck, in ʼn toneelstuk verwerk.

Hierdie toneelstuk debuteer by vanjaar se Suidoosterfees waarna dit ook by ander venues opgevoer word.

“In dié stuk leer ken ons Herman as ʼn klein seuntjie wat met oorgawe leef en verknog is aan sy ma, maar dan maak omstandighede dit vir hom onmoontlik om by haar te bly.

“Sy lewenspad het baie afdraaie en heel dikwels ontrafel dinge. Die deurlopende tema bly die verhaal van een mens wat ten spyte van alles ‘aanhou beweeg en geraasmaak’, vorentoe, met groot sukses. Hoerkind gaan jou bybly en omkrap, want dit is eerlik,” sê Meyer-Rödenbeck, wat vir die regie verantwoordelik is.

Francois Toerien het die teks verwerk, die akteur Geon Nel speel die hoofrol en die klankbaan is deur Coenraad Rall geskep.

Die titel Hoerkind verwys na die neerhalende kwetswoord wat aan hom as kind toegesnou was, omdat hy buite die eg gebore is. Hy skryf oor sy vroeë grootwordjare in kleurvolle losieshuise vol randeiers (buitestaanders) in Tamboerskloof.

Op ses moes hy na ʼn kinderhuis gaan omdat hulle in armoede geleef het. Later trou sy ma, sy stiefpa skiet op hom en probeer hom verkrag. Op 13 beland hy in die greep van ʼn pedofiel, ʼn vooraanstaande Afrikaanse kunsjoernalis. Albei sy ouers word alkoholiste en sterf vroeg. Alkohol- en dwelmafhanklikheid ry hom ook en op ʼn stadium slaap hy op straat.

Een aand word hy in sy woonstel gyselaar gehou en met ʼn mes gesteek. Hy verloor byna sy been in ʼn motorongeluk nadat hy op Mannetjies Roux se plaas gaan kuier het en was vir byna ʼn jaar buite aksie.

Sy foute is volop, maar hy leer soos hy voortbeur. Hierdie is nie ʼn verhaal van selfbejammering nie, dit is een van val, opstaan, val en vorentoe beur, kop omhoog.

Hier is ʼn lys van die vertonings wat binnekort plaasvind:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.