Video: Bettie Kemp gesels oor ‘Begrond’ se radiodrama

Agter die skerms by die opname van die radiodrama van “Begrond”. Die radiodrama is reeds in 2019 opgeneem. (Foto: Verskaf)

Mia Slabbert loer in by die legende Bettie Kemp om meer te wete te kom oor die radiodrama en rolprent van Begrond.

Die enkelradiodrama is gegrond op dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, se boek met dieselfde titel.

Bettie gesels oor die uitdagings en vreugdes om te werk aan dié aangrypende verhaal wat die hartsnare behoorlik roer.

Kyk hier na die gesprek:

ʼn Rolprent van Begrond

Slabbert het ook met die twee mense gesels wat die rolprent van Begrond moontlik gemaak het.

Hou jy moed wanneer dit lyk asof daar geen toekoms is nie? Waar kom jou wil om voort te gaan vandaan?

Hermann en Elrich Yssel, regisseur en draaiboekskrywer van dié rolprent, vertel hoe hulle te werk gegaan het om die karakters en die verhale van hoop in dié boek lewe op die skerm te gee.

Daar word gesels oor die ware verhale wat Begrond geïnspireer het, die verfilmingsproses en staaltjies wat dele van hierdie besonderse rolprent vorm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.