Video: Flip Buys oor toekomsplanne vir die Afrikaner

Ernst Roet en Flip Buys bespreek die boek ‘Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur’. (Foto: ‘n Skermgreep uit die video.)

Die Afrikaner word deur ’n bestaanskrisis in die gesig gestaar, maar volgens Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, is daar ’n beskikbare én werkbare oplossing hiervoor beskikbaar.

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, het in vyf kort onderhoude met Buys gesels oor enkele brandpunte wat die toekoms van die Afrikaner raak. Dié sake word volledig in Buys se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, uiteengesit.

In die onderhoude werp Buys veral lig op die noodsaaklikheid van grondige kennis van die Afrikaner én die Suid-Afrikaanse verlede, die wipplank van die verlede, demografie, demokrasie en die beskikbare oplossing vir die Afrikaner se bestaanskrisis.

Maroela Media sal die reeks van vyf video-onderhoude elke Vrydag en Woensdag plaas. Die pad na selfbestuur word deur Kraal Uitgewers uitgegee en is hier beskikbaar teen R300.

Episode 1: Die geskiedenis

Winston Churchill stel dit duidelik: “Hoe verder jy in die toekoms wil sien, hoe verder moet jy in die verlede inkyk.” Daarom ondersoek Buys die geskiedenis, of soos hy dit noem, die “instruksiehandleiding vir die lewe en die toekoms”.

Die ANC verkoop tans ’n meesterverhaal van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hoe raak dit die Afrikaner en hoe moet die verlede beoordeel word? Buys bied perspektief op dié vrae in hierdie onderhoud met Roets.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Boeke, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Charles ·

Wonderlik, dankie!
Met die Here se hand oor ons is enigiets moontlik en geen uitdaging te groot nie!

Anoniem ·

Is ‘n Afrikaner nie almal wat in Afrika woon nie? Miskien moet ons begin om van Afrikaanse Suid-Afrikaners te praat!

Jan ·

Nee, ń Afrikaan is iemand wat in Afrika woon, ons isAfrikaners.

Anoniem ·

Jan, Afrikaan / Afrikaner – klink vir my na dieselfde ding. Afrikaan klink na anglisisme vir die woord African

Hans Richardt ·

Moenie selfbestuur verwar met selfbeskikking nie.
Selfbeskikking is staatkundige onafhanklikheid. Tog kan jy nie aandring op staatkundige onafhanklikheid en afhanklik wees van Telkom, Evkom, SASSA en staatshospitale nie. Dus, baie trappies met selfbestuur, voor jy by sinvolle selfbeskikking kan kom.

Neels ·

Ongelukkig is daai trappies selfbestuur verder af tot diep in die kelder tussen die gebarste rioolpype. Of sinvolle selfbeskikking wel kan volg is debateerbaar want ons sal almal in die gemors wees.

skurweberg ·

Wat is die verskil tussen “staatskaping” en “staatsgreep”. Net staatsgreep kom in die HAT voor. Miskien is staatskaping iets soos ‘n nie geweldadige oorname van die staat. Sal ineressant wees om die geleerdes se omskrywing en voorbeelde van die woord te verneem. ??

John ·

Church-ill het ook die mighty Apies oorgesteek… man alleen. Groot woorde sonder betekenis sè niks. Wat wel noodsaaklik is vir die behoud van Afrikaans, is die behoud van Afrikaners want bloot Afrikaanses is soos wanneer ‘n Sjinees of Indièr Engels praat wanneer hy iets wil koop of kry… dit is al. Om te reken op bakhande om iets te bereik gaan niks bewerk nie. Die skeppers en onderhouers en opbouers van die taal, is ook die bewaarders. Engeland gaan my nie kroon omdat ek drie woorde in Engels kan praat nie en kamma van ‘suet’ poeding hou nie (grrr!). Flip dink flippen mooi voor jy na sekere mense se glibberige raat luister veral die voetjie-voetjie-spelers aan jou tafel.

Anoniem ·

Dit klink na ‘n baie interessante boek! Sou graag wou lees.
Ek dink dit was juis die ANC se plan met diversiteit en SEB om ons wyd uit mekaar te versprei .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.