Video: Wat maak ‘Die Familiebybel’ so besonders?

Die Familiebybel bied ’n geloofsnalatenskap vir gesinne en die generasies wat ná hulle kom. Dit bemagtig lesers om as gesin saam te aanbid en God se liefde opnuut te beleef sodat hulle nader aan God sal groei en ’n betekenisvolle geestelike erfenis kan nalaat.

In samewerking met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, bied Lux Verbi ’n Bybel vir die hele gesin met ’n vars perspektief op bekende verse en verhale.

Dit is deur dr. Johan Smith van VitaAmp bygewerk en bevat die volgende:

  • Die volledige nuwe 2020-vertaling
  • ’n Familiestamboom
  • ’n Bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken
  • Bykomende artikels oor die gesinslewe deur Smith, ʼn gesin- en familiekenner
  • Bybelstudiemateriaal vir die hele gesin vir 52 weke
  • ’n Program wat jou lei om die Bybel in een jaar deur te lees
  • Kaarte, woordelyste, en agtergrond oor die vertaalopdrag en die geskiedenis van dié nuwe vertaling.

“Die Familiebybel sal ’n gekoesterde geskenk en kosbare erfstuk vir julle gesin en groter familie wees wat van geslag tot geslag bewaar kan word,” sê Smith. Luister in dié video waarom elke huis so ʼn Bybel nodig het:

Die Familiebybel

Die Familiebybel bied ’n geloofsnalatenskap vir jou gesin en die generasies wat ná julle kom. Dié Bybel bemagtig julle om as gesin saam te aanbid en God se liefde opnuut te beleef sodat julle nader aan God sal groei en ’n betekenisvolle geestelike erfenis kan nalaat. Die Familiebybel bevat die volledige nuwe 2020-vertaling wat deur ds. Johan Smith bygewerk is.Die Familiebybel bevat:- ’n familiestamboom- ’n bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken- bykomende artikels oor die gesinslewe deur gesins- en familiekenner dr. Johan Smith- Bybelstudiemateriaal vir die hele gesin vir 52 weke- ’n program wat jou lei om die Bybel in een jaar deur te lees- kaarte, woordelyste, en agtergrond oor die vertaalopdrag en die geskiedenis van dié nuwe vertaling.Hierdie Bybel sal ’n gekoesterde geskenk en kosbare erfstuk gesinne en groter families wees wat van geslag tot geslag bewaar kan word.Bestel Die Familiebybel by goeie boek- en aanlynwinkels. Meer inligting: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780796322616

Posted by Lux Verbi on Tuesday, April 6, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.