Vrolike kinderboek uitgegee om fonds te versterk

 vaaltyn.jpgAs daar nou een ding is wat uiters belangrik is as dit kom by opvoeding, is dit om van jongs af ʼn liefde vir lees by kinders te kweek. ʼn Kind se boekrak kan nooit té vol wees nie.

Daarom was dit ʼn sinvolle projek om aan te pak toe Malan Uitgewers die Bemagtig-ʼn-kind-fonds nader met ʼn idee om die kinderboek, Vrolike Vaaltyn en sy verhale, ten bate van dié fonds uit te gee. Dus, met die aankoop van elke boekie word ʼn deel van die wins geskenk om die fonds te versterk.

Die boek: Vrolike Vaaltyn en sy verhale

Ontmoet in hierdie vermaaklike boekie die twee klein donkies, Vaaltyn en Diktand. Vaaltyn is die slimste – hy dink soms self so. Maar wanneer hy skrik of iets hom ontstel, laat vat hy met sy ore plat getrek terwyl sy stert stokstyf staan en hy sy oë styf toeknyp. En so beland hy kort-kort KAPLAKS! in die rivier. Ou Diktand kyk net gewoonlik na dié spulletjie en bly Vaaltyn se beste maat, al kan hy soms baie lekker lag wanneer Vaaltyn in die verknorsing beland. Maak ook in Vrolike Vaaltyn en sy verhale kennis met hul ander maats en lees van al hul manewales.

Dit is ʼn vrolike boekie, geskryf deur Sandra Krogh, vol prettige illustrasies vir voor- of selflees en dit behoort in ʼn wye verskeidenheid van lesers of luisteraars se smaak te val. Die verhaaltjies is oorspronklik deur ʼn ma vir haar kinders uitgedink en vertel. Karen van der Merwe het gesorg vir die kleurvolle illustrasies.

“Vrolike Vaaltyn en sy verhale is verfrissende nuwe leesstof wat ons leerlinge aan Laerskool Fochville baie geniet het.  Die stories is oorspronklik en nie te lank nie. Dit is veral ons junior leerlinge wat dit baie geniet het alhoewel ek weet van die senior leerlinge het dit ook geniet en skelm by boetie of sussie gelees.” – JB Habig – Laeskool Fochville

Koop nou ʼn boekie of twee aan

Sou jy graag meer te wete wou kom of boekies wou aankoop, besoek gerus Vrolike Vaaltyn.

Koop vandag nog aan in groot maat vir jou klaskamer of vir jou skoolbiblioteek!

Indien jy meer te wete wil kom oor die Bemagtig-ʼn-kind-veldtog, kan jy hier gaan lees of as jy wil vasstel wat ʼn verskil die fonds in kinders se lewe maak, besoek die blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.