Gedig: Glas

Deon Meiring, solokunstenaar en lid van die musiekgroep, Glaskas. (Foto: Verskaf)

Deon Meiring, solokunstenaar en ʼn lid van die musiekgroep Glaskas, wat bekend is vir liedjies soos “Meneer”, “Verloor myself” en “Romantikus”, gee in sy musiek en die gedigte wat soms uit sy pen verskyn, uiting aan ʼn dieper waardering vir woordkuns.

Hier is sy gedig “Glas”, wat vroeër vanjaar by Die Wyndigters in die FAK Liedjietuin voorgedra is. Die geleentheid is in samewerking met Maroela Media en Van Loveren aangebied.

ek het lank gewonder
hoe iemand glas kan skilder
hoe verf mens deursigtig
op soliede doek?

maar ek het vergeet
deur glas
sien mens die wêreld anders
en skilder mens eenvoudig
alles anders as wat dit was
dit is hoe ek weet

liefde is nie blind nie
dit is ʼn vreemde glas waarin ons stukkende mense skink
om mekaar te skilder
met die skoonheid
wat ons partykeer mis.

  • Die gedig word met die skrywer se toestemming op Maroela Media gepubliseer.
  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die digter versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.
  • Die Wyndigters is ʼn intieme konsert waar die musiek, digkuns en stories van die kunstenaars Jako Meyer en Deon Meiring in ʼn gemaklike styl byeenkom. Vir navrae en om besprekings vir konserte te maak, kan jy ʼn e-pos stuur aan Jako Meyer na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.