Gedig: Sit die onthou langs die pad neer

(Foto: Eduardo Barrios / Unsplash)

Die volgende gedig is gekies vir publikasie in die AVBOB Poësiebiblioteek en word heruitgegee met die toestemming van die AVBOB Poësieprojek . Om dié biblioteek van meer as 22 000 gedigte in al 11 landstale te besigtig, klik hier.

“Sit die onthou langs die pad neer” deur Gideon Bruckner

Vanoggend het sy vergeet
om die ketel af te sit
en haar kind se naam
wat volgende week kom kuier –
of was dit verlede week?

Die dinge van onthou
word vir haar
onnodig om saam te dra,
en word stadig
langs die pad neergesit
om die las  na die eindstreep
meer draaglik te maak.

  • Ter wille van die konteks van hierdie gedig en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie gedig op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.