NP van Wyk Louw (1906 – 1970)
Die uurwerk kantel. En die ligbruin by
hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug
word, nooit saad sal skiet, en nooit verby
hierdie verstarde uur sal groei. Die lug
het stil soos ys gaan staan, so wit en blou.
Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim,
bly in sy ligte sirkels vasgehou
en moet sy see ‘n ewigheid versuim.
As mens hierdie lees, sien jy NP van Wyk Louw in TT Cloete se werk. Net, laasgenoemde is verder ontwikkel en sou van hierdie gedig nog ‘n beter produk gemaak het. Mens sien weer eens hoe ver Van Wyk Louw sy tydgenote vooruit was.