Uitdrukking: Die gort is gaar

Argieffoto (Foto: composita, Pixabay)

Uitdrukking:
Die gort is gaar.

Betekenis:
“Gort” word in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) gedefinieer as “garskorrels wat afgedop is en as voedsel vir mense gebruik word”.

Die uitdrukking “die gort is gaar” beteken die moeilikheid, krisis het ontstaan; die rusie, stryd, geveg het begin; die poppe is aan die dans; die duiwel is los.

Waar kom dit vandaan?
Volgens Spreekwoorde en ander segswyses is “die gort is gaar” ʼn figuurlike vergelyking met ʼn mens se gemoed wat in ongeduld begin kook totdat jy uitbars.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), Spreekwoorde en ander segswyses  

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.