Uitdrukking: Iemand hot en haar stuur
Betekenis: iemand doelloos rondstuur
Uitdrukking: Nie weet wat hot of haar is nie
Betekenis: heeltemal oningelig wees
Uitdrukking: Hot (om) en haar (om) spring
Betekenis: Verniet na uitkomkans soek
Uitdrukking: Hot is hot en haar is haar
Betekenis: Daar is geen twyfel aan nie, dit is soos die saak staan
Waar kom dit vandaan?
In Nederland is hot ʼn bekende woord om ʼn trek- of pakdier aan te dryf. “Hot” en “haar” is die posisie van die trekosse waar “hot” links is en “haar” regs.
OOK:
Uitdrukking:
Dit hotagter kry
Betekenis:
Baie swaar kry
Waar kom dit vandaan:
Hotagter is ʼn moeilike posisie vir ʼn trekos: dit is die linkerkantste agteros wat om draai dit moeiliker het as die os langs hom op haaragter: daar word haarom geploeg en die hotos moet om draaie gedurig opdruk sodat daar nie ʼn bank geploeg word nie.
Uitdrukking: Hotom en haarom staan
Betekenis: Allerhande uitweë soek
Wat van ‘n hotkrul en ‘n haarkrul eerder as die Ingelse “Draw” of “Fade”?