Uitdrukking: Iemand se achilleshiel

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire/Pixabay)

Uitdrukking:
Iemand se achilleshiel.

Betekenis:
Iemand se kwesbare plek of swakpunt.

Waar kom dit vandaan?
Die verwysing na Achilles se hak, is ontleen aan die Griekse mitologie, verduidelik Spreekwoorde en ander segswyses. Achilles, een van die heldhaftigste vegters van die Trojaanse Oorlog, was die seun van Thetis en Peleus. By sy geboorte het Thetis gehoop om Achilles onkwesbaar te maak deur hom in die Styx-rivier te dompel, waaroor die veerman Charon siele na die hiernamaals vervoer het.

Achilles se pa het hom aan een hak vasgehou terwyl hy in die water gedompel is, en nie daaraan gedink om sy greep te verander en vir Achilles ʼn tweede keer in die water te doop nie. Hierdeur het die hak, oftewel hiel, waaraan Achilles vasgehou is, onbeskerm gebly en dit was die enigste kwesbare punt op sy andersins onkwesbare liggaam. Achilles se lewe het tragies geëindig toe ʼn pyl daardie onbeskermde hak tref.

Bronne: Spreekwoorde en ander segswyses, Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.