Uitdrukking: Uit die almanak wegloop

Argieffoto (Foto: Ronile/Pixabay)

Uitdrukking:
Uit die almanak wegloop

Betekenis:
Spoorloos verdwyn.

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking is gegrond op die aard van ou almanakke wat nie net datums en vakansiedae aangedui het nie, maar ook boererate en, veral, weervoorspellings vir die komende jaar. Laasgenoemde was natuurlik totaal onbetroubaar. Die algemene opvatting was dus dat almanakke nie te vertrou was nie, net soos die werker wat stil-stil wegloop al is sy dienstyd op die almanak aangeteken.

Die ander uitdrukkings wat met hierdie betekenis verband hou is “almanakke druk”, wat beteken om onwaarhede te vertel, en “lieg soos ʼn almanak”, wat na iemand verwys wat baie lieg.

Bron: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.