Slaan jou eksamen vir ʼn ses met dié gratis eksamenleerhulp

Argieffoto (Foto: JESHOOTScom/Pixabay)

Het jy dalk ʼn laaste hupstoot nodig om jou eindeksamen kaf te draf en met vlieënde vaandels te slaag? Danksy Afrikaans.com se leerhulpafdeling met nuttige skakels en aflaaibare materiaal sal jy jou leerwerk in ʼn japtrap onder die knie kry.

Eksamenhulp vir matrikulante

Matriekleerders kan hier uit ʼn versameling gratis en aflaaibare eindeksamenvraestelle, asook voorbereidingswenke vir gedigte, kies.

Die vraag- en antwoordstelle vir 2017, 2018 en 2019 se vraestelle vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal is beskikbaar.

Klik hier om die vraestelle gratis op Afrikaans.com se webwerf af te laai.

Wenke oor hoe om vir Afrikaans Huistaal se tweede vraestel (gedigte) voor te berei, jou punte te verbeter en die opstelvraag te beantwoord word ook gratis op Afrikaans.com se webwerf verskaf. Lees meer op die webwerf.

Lapa Uitgewers se leerhulpaanbod

Afrikaans.com het vanjaar met Lapa Uitgewers hande geneem om ’n groot keur studiegidse, voorleggings, luistertoetse en klasgidsartikels vir laerskool- en hoërskoolleerders beskikbaar te stel.

Dié inhoud dek kurrikulumgebaseerde onderwerpe vir gr. 4 tot 12. Klik hier en besigtig die Lapa vir laerskool‑ en hoërskool-aanbod en kies uit 156 nuttige hulpbronne om af te laai.

vetkryte-inkleurboek-inkleur-kleuter-speel

Argieffoto (Foto: Pexels.com/Pixabay)

Kollig op die kleinspan

Inkleurprente, lekker oefensomme, speltoetsies en vele meer is beskikbaar om jou voorskoolse tot gr. 3-kind gelukkig en aan die gang te hou.

Om meer oor dié aflaaibare aktiwiteite te wete te kom, besoek gerus Afrikaans.com se webwerf.

Hou ook Afrikaans.com se sosialemediaplatforms dop of besoek die leer- en onderrigblad op hulle webwerf om op hoogte te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.