Taalgebruik: tripel of trippel?

Argieffoto

Woord: tripel
Drie maal/keer, veral gebruik by die aangee van ’n lys syfers, bv. by ’n telefoonnommer: Sy uitbreiding is tripel vyf agt (5558), as jy hom wil skakel.

Woord: trippel
1 vinnig, met kort treetjies/passies (hard)loop; triptrap: trippelende kindervoetjies.
2 vinnig op een plek rondtrap: ongeduldig voor ’n deur staan en trippel totdat iemand kom oopmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leser ·

Interessant! Annelie Botes se boek oor dobbelverslawing heet wel Trippel Sewe (met 2 p’s). Is dit ‘n vorm van woordspeling dat die titel ‘n dubbelsinnige betekenis moet hê, of het die spelreël intussen verander? Wonder maar net.

Therese van Schalkwyk ·

Leser, jy het ‘n ses geslaan hier!
Ek dink Annelie Botes was óók onbewus van hierdie taamlik lawwe woord, tripel.

Leser ·

Therese, ek stem saam met jou – ek dink ook dis ‘n lawwe woord, en juis omdat dit so laf is het Annelie (of eerder haar uitgewer, wie se werk dit eintlik is) dit oorgesien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.