Woord: ghoemahare

Foto ter illustrasie. (Foto: Jo Stolp/Pixabay)

Het jy geweet? “Ghoemahare” is ʼn sinoniem vir “spookasem”.

ghoemahare s.nw. [geen meervoud] suiker met pastelkleursel daarby ingemeng wat gespin is tot ’n bol lekkergoed wat aan watte herinner, gewoonlik op ‘n stokkie of in ‘n deursigtige, luggevulde plastieksakkie aangebied: Jou siel sleep. En in jou kom lê ’n diep lus vir outydse pienk ghoemahare. Pienk suikervertroosting wat om en om ’n stokkie gedraai is en nie ’n opgepofte plêstieksakkie met grillerige pienk of groen spookasem daarin nie (Anastasia de Vries, Die Burger, 9 November 2001).

Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anti-Verkramp ·

Ag nee, van hierdie nuwe woorde raak nou regtig simpel. ‘n Ghoema is ‘n trom so waar kom dit nou vandaan. Nie oulik nie, nie beskrywend nie, net simpel.

KhoiKhoi ·

Glad nie ‘n nuwe woord nie.
Lees my kommentaar elders.
Afrikaans bestaan nie as ‘n eensoortige taal nie en dit is ‘n woord uit die volksmond.
In die Kaapse Bruin gemeenskappe is dit die aanvaarde woord.
So groot geword en dit is ‘n pragtige woord wat veel pagtiger is as “candyfloss”!

Anti-Verkramp ·

Ek het nie geweet die Bruin gemeenskap gebruik dit nie en ek woon al 50 jaar in die Kaap. Moet se ek het dit nog nooit tevore gehoor nie. Persoonlik dink ek dat dit glad nie sin maak nie. Spookasem is egter baie mooi en welbekend. Hierdie is nou nie ‘n nuwe woord nie (soos jy my reggehelp het) maar ek staan by my stelling dat baie nuwe woorde maar simpel is. Ek dink ‘n nuwe woord moet ten minste darem op ‘n manier verband hou met dit wat dit probeer beskryf en mens behoort dadelik te weet waarvan die persoon praat as hy dit gebruik. Ek bedoel – as ek in die teenwoordigheid van iemand is wat spookasem eet en iemand praat van ghoemahare sal ek geen idee he waarvan hy praat nie. Deesdae kry mens heelwat “oulike” nuwe woorde wat lyk my ingedruk word klaarblyklik omrede dit net oulik mag klink (sommige klink nie eers oulik nie).

KhoiKhoi ·

Wat ‘n pragtige woord!
Neem my terug na my kinderjare!
As kind was dit die naam vir spookasem, so dit is ‘n naam wat in die volksmond bestaan vir jare.
Ek’s al oor 60

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.