Woord: gul

Argieffoto (Foto: alexramos10, Pixabay)

Woord:
gul

Betekenis:
1
wat geredelik, blymoedig en ruim gee/skenk; op milde en hartlike wyse; gulhartig: ʼn gulle peetoom • Hulle het ons gul trakteer.
2 uit die hart; gulhartig: Sy het my ewe gul genooi. • ʼn gul ontvangs.
3 ongedwonge; spontaan; hartlik: Hy het ʼn gul glimlag vir almal en kan ook gul lag oor die kinders se pret.

Waar kom dit vandaan?
Uit Ndl. gul (eerste helfte van die 17de eeu). Gul kom alleen in Ndl. en Afr. voor, en die verdere etimologie is onbekend. Dit is vir die eerste keer in 1615 opgeteken in die bet. “bol, sag”.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA), Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.