Woord: mombakkies

Foto ter illustrasie. (Foto: Giada Nardi/Pixabay)

Woord:
mombakkies

Betekenis:
1 Masker in die vorm van ‘n snaakse of skrikwekkende gesig.
2 Gesigsuitdrukking, optrede of houding wat ware emosie verberg.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands mombakkes (1649 in betekenis 1, 1697 in betekenis 2), ʼn samestelling van mom “masker, gemaskerde” en bakkes “gesig”.

Vanuit Afrikaans in Suid-Afrikaanse Engels in die vorm mombakjes (1913).

Uitdrukkings:
– Hy is mombakkies: Hy het glad nie ʼn vis gevang nie.
– Met daardie mombakkies weet ʼn mens nie wat hy dink nie: Hy het ‘n maskeragtige gesigsuitdrukking.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en Wat praat jy!

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.