Woord: oponthoud

Argieffoto (Foto: 3dman_eu/Pixabay)

Woord:
oponthoud

Betekenis:
1
Vertraging: Omdat ek vroegtydig amptelik deur die ambassade laat reëlings tref het, was daar geen oponthoud by die doeane nie (A.P. Brink: Ambassadeur, 1963, 199). Beeste… met horings wat van punt tot punt wyer as 60 sentimeter is… (gaan) moeilik deur die slagplaas se drukgange… en (veroorsaak) oponthoude (Landbw., 19 Okt. 1971, G1). Daarvandaan het dit (die reis) vlot gegaan, behalwe dat daar ‘n oponthoudjie was op De Rust (C.J. Langenhoven: Werke II, 1956, 253).
2 (ongewoon) Tydelike of korterige verblyf: Twee jaar lank sou… die mense… saam deur Europa reis, en saam al die spanning en die plesier van die oponthoud in die buiteland meemaak (K. Schoeman: Liefde, 1983, 98).

Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.