Woord:
popel
Betekenis:
1 (t.o.v. die hart) Vinnig of onstuimig klop, gew. a.g.v. ʼn ekstatiese of oorweldigende emosie of gevoel: ‘n Hart wat popel van nuuskierigheid, pret, strydlustigheid, vreugde. ʼn Hart wat onrustig popel. ≈ Oproep uit New York laat nooi se hart popel. Toe die telefoon … gelui het, het mej. H.v.d.V. se hart bo in haar keel geklop (Vad., 4 Mei 1954, 2 — opskr.).
2 In ekstase of in ʼn toestand van oorweldigende emosie wees, of op ʼn ekstatiese, opgewonde, gespanne of ongeduldige manier in afwagting wees op of uitsien na iets: Van nuuskierigheid, ongeduld, opwinding popel. Popelende hoop, opgewondenheid. Popelend van vreugde. ≈ Hy is… die enigste eienaar… van ‘n… swembad met ingevoerde marmerteëls… Hy popel van trots (H. Opperman in TL, Nov. 1985, 66).
Hierdie interessante brokkie verskyn in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Ondersteun gerus hulle Borg ʼn Woord-projek.
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red
In al my jare nog nooit van hierdie woord gehoor nie.