Woord:
rammetjie-uitnek
Betekenis:
Spoggerig, windmakerig, of spoggerige, windmakerige persoon.
Waar kom dit vandaan?
Samestelling van rammetjie, uit en nek, so genoem omdat die ram tydens die teelseisoen die ooie beruik, en in die handeling word die nek en kop laat sak en die snoet ver vooruit gestrek. Ook buite die teelseisoen tel die dominante ram sy nek op om aan mededingers te toon watter die dominante ram van die trop is.
Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)
- Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red