Woord: sakkeroller

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire/Pixabay)

Woord:
sakkeroller (ook ʼn grypdief genoem)

Betekenis:
iemand wat behendig uit iemand anders se sak geld of goed steel; (weinig gebruiklik) goudief: ’n sakkeroller op heter daad betrap.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands zakkenroller (1781), ‘n samestelling van zakken ‘sakke’ en roller. Laasgenoemde is ‘n afleiding van rollen wat ‘behendig uit die sak steel’ beteken en is waarskynlik so genoem na aanleiding van die gemak of behendigheid waarmee uit die sak gesteel word en wat herinner aan die gemak en spoed waarmee iets oor die grond gerol kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Saartjie ·

Ek moes vandag lag vir die foto by ‘sakkeroller’, want dit verteenwoordig juis alles wat ‘n sakkeroller nie is nie. Of is die verwagting dat ek dieper moet lees, naamlik dat die piesang met die piesang die handlanger is wat die prooi se aandag aftrek terwyl sy makker met die sagte handjies sy deel doen?

Ook interessant dat ‘grypdief’ as ‘n alternatief/sinoniem aangebied word. Weer eens deel dié twee kalante nie ‘n modus operandum nie.

Siende dat Suid-Afrika altyd as ‘n model voorgehou word wanneer dit by misdaadstatistiek kom, is dit miskien tyd dat ons ‘n misdaadwoordeboek kry. In al die amptelike tale.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.