Woord: verkleurmannetjie

Argieffoto (Foto: David Clode/Unsplash)

Woord:
verkleurmannetjie

Betekenis:
1
Stadig bewegende soort akkedis met groot oë wat afsonderlik van mekaar draai, ʼn lang tong waarmee insekte gevang word en ʼn lang stert waarmee geklim word.
2 Persoon wat maklik en dikwels van mening verander.

Waar kom dit vandaan?
In betekenis 1 ʼn samestelling van verkleur en mannetjie, so genoem omdat die diertjie verkleur om by die omgewing aan te pas en hom sodoende te kamoefleer. Met mannetjie word waarskynlik verwys na die diertjie se gewoonte om hul voorbene lank in die lug te hou terwyl hulle klim, asook hulle kloutjies, wat aan mense se arms en hande kan herinner.

In betekenis 2 ʼn afleiding van verkleurmannetjie, so genoem omdat sodanige persoon, soos die diertjie, na gelang van die omstandighede van mening verander. Eerste optekening in Afrikaans by Pannevis (1880) in die vorm verkleurmannetje.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.